Eureka
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colensoe-weg, Newhouse Dam, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Eureka is in Winterton, KwaZulu-Natal en bied gehalteverblyf op 'n plaas wat ideaal is vir ’n klein gesin of groep vriende. Dié huis maak van sonkrag gebruik en word omring deur water.
Die ongekunstelde huis is 'n interessante, eklektiese mengsel van oud en nuut en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. As gaste op hierdie verdieping opkyk, word hulle met die pragtige skilderplafonne betower.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, prutpot, toebroodjierooster, ketel, breekware en eetgerei toegerus. Die sitkamer het 'n rusbank, leunstoele en 2 sitsakke. Gaste kan op die hoofdek ontspan waar daar sonstoele, 'n L-vormige rusbank, 'n hangmat en 'n braai is.
Daar is ook 'n pooltafel en tafeltennis, en 'n verskeidenheid bordspeletjies. Die huis het 3 dekke met pragtige uitsigte oor die Klein Tugelarivier, die naburige Newhousedam en die Drakensberge in die weste. Gaste het toegang tot die hele eiendom van ongeveer 10 hektaar. Geniet die veekampe, riviere en die dam agter die huis, of sit sommer agteroor en waardeer die buitelewe en plattelandse gevoel vanaf die dek.
Agter die huis is daar ’n vleiland-area met ’n klein dam wat pragtige waterlelies het. Dis ook die tuiste van die bekende Grootlangtoon. Die Ethïopiese snip en die maraboe is ook al hier gesien. Dis ’n wonderlike plek vir voëlkyk en die Oostelike rooipootvalke kan vanaf November tot April gesien word.
Die plaas het 2 winkels insluitend Kwaphakamisa, ’n fabriekswinkel wat vleis, kaas en botter verkoop, asook Pig and Plough, ’n plaasstal met ’n stoep waar gaste pizzas, "pulled pork", 'n Engelse ontbyt en nog meer kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Colensoe-weg, Newhouse Dam, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Eureka het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Winterton Drakensberge KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colensoe-weg, Newhouse Dam, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang