Goeie dag Mnr Beaton,
Ons is wel steeds jammer jul was teleurgesteld met die verblyf, selfs na al ons gesprekke voor jul aankoms, met fotos, lugfotos en verduideliking dat dit steeds n projek in wording is en om seker te maak jul wil voortgaan met die bespreking.
Sover die kombuis aangaan. Dit is steeds kampering, so die idee is 'n kas met als wat nodig is om die lewe gemakliker te maak terwyl jy steeds in 'n karavaan te bly. Daar gaan nie lopende water aangele word nie, daar is 'n kraan net langs die karavaan.
Aangaande die sekuriteit op n plaas, 99% van my kliente voel juis die feit dat hul weg van almal en als is, is die trekpleister.
Dat jul voel ons nie gereed was vir jul nie, was dalk aangesien jul met aankoms gevra het om nader aan die badkamers te wees, waarna ons n ander grooter karavaan gou afgestof het en beddegoed oorgetrek het om in jul wense te voldoen, sonder additionele kostes.
Tenspyte van dit als is dit steeds nie vir ons lekker om te weet dat gaste nie tevrede was nie, en sal ek graag sou wou opmaak op n manier sou jul een naweek wou oorbly in die gastehuis, met lugversorging, 'n oorgroot kombuis en genoeg kamers, badkamers en n effe meer gevestigde tuin. Let wel jul kan heel moontlik weer alleen op die plaas wees.
Ek hoor graag van jul
Groete