Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fabre House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George Way 997, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 195 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Fabre House is 'n rustieke strandhuis in Georgeweg in die hartjie van Pringlebaai en spog met lieflike berguitsigte. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie aangesien dit in 'n stil en rustige area geleë is en net 'n entjie van die strand af.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is op die boonste verdieping geleë en die eerste 2 slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die 2 badkamers is ingerig met 'n bad en 'n stort, onderskeidelik. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die onderste vlak beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiestasie. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Boonop is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die waskamer beskikbaar. Op die boonste verdieping is daar 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die eetarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai. Die sitarea bo maak oop op 'n gedeeltelik onderdak-balkon met sonstoele wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die berguitsigte bewonder.

Pringlebaai bied 'n verskeidenheid doendinge vir natuurliefhebbers, buitelug-entoesiaste en diegene wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek. Doendinge wat in die area aangebied word, sluit strande, voetslaanroetes, seisoenale walviskyk, voëlkyk, watersport, wynproe en plaaslike markte in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Fabre House
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Anneke Geverifieer

Eiendomme 24

Resensies 98

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • George Way 997, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fabre House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 195
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 195
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George Way 997, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb085b71776b06595546c2148cbcd6bf2cc9c1048a82c191bfa2f2a96c0f959e95dfaa4eb6f629ba00ed27e91e25b369c1d47?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 195 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 997 George Way Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.3432953 18.8389721

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang