Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fagans

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Protea Straat, Struisbaai, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 254 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Fagans is 'n lieflike 2 slaapkamer woonstel wat 6 gaste kan akkommodeer en is aan die onderkant van Erika se huis, met 'n baie groot fynbostuin en grasperk voor, slegs 500 m vanaf die swemstrand en sowat 200m vanaf die naaste winkels en restaurante.

Een slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Fagan se badkamer het 'n oop stort, 'n regte outydse opgeknapte ysterbad, 'n wasbak en toilet. Fagans het 'n oopplan-sitkamer en -kombuisie met 'n yskas/vrieskas-kombinasie, 'n vierplaatstoof en oond, mikrogolf, ketel en broodrooster. Die sitarea het 'n TV wat aan 'n skottel gekoppel is, maar jy moet asseblief jou eie dekodeerder vir DStv saambring. Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke wat met 2 enkelbeddens vervang kan word.

Voor Fagans is 'n klein onderdakstoep met jou eie draagbare braai, en 'n baie groot tuin met beperkte see-uitsigte. Laer af in die tuin is nog 'n braaiplek onder die bome.

Fagans het 'n besonderse bekoring met sy ongewone gevormde kamers, lieflike badkamer en houtvloer, dit is stapafstand van alles wat Struisbaai bied en is die ideale plek vir 'n ontspanne en rustige vakansie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
3.9
Gaste se hoogtepunte
Erika H
5.0
Struisbaai juweel. Ons het heerlik gebly. Rondloper skilpaaie gesien by die plek. En baie naby aan die see sowel as oulike winkels en restaurante.
Okt 2024
Simone V
Saam met lewensmaat
5.0
Die kuier was heerlik. Sou graag langer wou bly. Die verblyf was net wat enige besoeker nodig het. Net die nodigste. Baie dankie aan Anne Marie vir al...
Sien meer
Mrt 2024
Llewellyn N
5.0
Ons kuier was aangenaam, opwindend en verfrissend. Ons het vriende daar ontmoet en het gereeld Struisbaai (AGULHAS) besoek. Dit was waarlik die rustig...
Sien meer
Okt 2023
Doret S
Gesin met tieners
4.4
Gerieflik. Fagans was baie gerieflik. Dit het alles wat ons nodig gehad het. Ons het lekker gebly!
Sep 2024
Lorraine L
Saam met vriende
4.2
Ons het baie lekker gekuier! Die weer was heerlik en ons het baie lekker gekuier. Geen vertrapping van mense nie. Daar is genoeg winkels indien jy iet...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 225

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 10 Protea Straat, Struisbaai, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fagans het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 254
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 254
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Protea Straat, Struisbaai, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAp6cDCYiUKnY0xa5YTj5hGelrgojbsYyPnNP6ECe8sNjUWlxWkD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 254 per nag, vir 6 mense 43 5 1 4 10 Protea Street Struisbaai 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.801646690698 20.048772096634

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang