Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Faimes Waterfront Villa

Gastehuis
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Sep 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cannon Island-weg 42, Marina Da Gama, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 000 R4 800 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Faimes Waterfront Villa is aan die waterrand in Marina Da Gama in Muizenberg geleë en is 'n pragtige Mediterreense villa, ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie aangesien dit naby die gewilde Surfer's Corner-strand geleë is.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek aan tot 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 stapelbeddens het. Nog 'n koningingrootte-bed is beskikbaar in die vierde slaapkamer wat 'n en suite-stort insluit. Die derde badkamer is ook toegerus met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul strandhanddoeke saambring.

Die leefarea beslaan die grondvlak van die huis en beskik oor 'n pragtige kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien beskikbaar. Langs die kombuis is daar 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Daar is 'n ruim sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Vir diegene wat werk wil doen, is 'n lessenaar en gratis WiFi beskikbaar.

Die boonste vlak van die huis lei na 'n patio met buitesitplek wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie terwyl dit uitkyk oor die marina. Boonop het hierdie eiendom 'n lieflike binnehof met buitesitplek, 'n ingeboude braai en 'n privaat plonspoel. Gaste sal 'n lieflike Jacuzzi teen 'n ekstra koste kan geniet.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
2 xStapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Adrian Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Cannon Island-weg 42, Marina Da Gama, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
  • Gaste dink Faimes Waterfront Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 000
R6 000 R4 800
per nag, vir 10 mense
Vanaf R6 000
R6 000 R4 800
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cannon Island-weg 42, Marina Da Gama, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1df90f79ddec9cec842f96a22840b836cac0e341e28b0da77e1bb9697367aa0272409ca8fb08564c5da7f40bc2a10713a7a8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 000 nouVanaf R4 800 per nag, vir 10 mense 4 5 1 5 42 Cannon Island Way Marina Da Gama 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.0933995 18.4749686

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang