Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairstream Selfcatering Guesthouse

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Samantha S
Kort verblyf
5.0
Sep 2023

Very nice, could have stayed longer. The accommodation was very enjoyable and we had a great time.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Paul C
Kort verblyf Saam met vriende
3.2
Mrt 2023

Voldoende. Die verblyf is goed geleë naby aan die besienswaardighede en het veilige parkering. Die plek was mooi skoon en Linda was baie vriendelik en behulpsaam om te reël dat die toilet sonder 'n sitplek vervang word en 'n braaier gereël word. Daar is nie 'n TV in Fairstreams 1 nie en toegang tot WiFi sal 'n goeie toevoeging wees aangesien daar byna geen selfoonopvangs was nie. Wat waarde vir geld betref was dit ons indruk dat vir die koste die linne, boonste matras en netheid (bv. verf wat afdop in badkamers en boonste stort wat lek) nie op standaard is nie.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Celeste R
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Apr 2022

Ons het heerlik gekuier, die eenheid was skoon en netjies, en het 'n kaggel wat die plek heerlik warm hou. Ons het saam met vriende daar gebly en 'n heerlike naweek gehad. Die eenheid is perfek geleë en veilig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Celeste, baie dankie vir die mooi terugvoer. Kom kuier gerus by Fairstream in Dullstroom

Patricia N
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Nov 2022

Heerlik. Die stort lek/drup deur vloer in onderste badkamer en die sekerheidshek het nie gewerk nie. Ons moes die hek oop en toe stoot. Daar was ook nie water nie, maar dit was oral probleem in dorp en nie 'n Fairstream probleem nie. Dit is die tweede keer wat ons daar tuisgaan en ek sal dit aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Patricia, baie dankie vir die terugvoer en ook vir die positiewe resensie. Ons vra groot onverskoning oor die water en die sekuriteitshek, dit is ongelukkig as gevolg van beurtkrag. Die stort se lek het ons herstel net voordat julle ingeboek het en is ons saam met julle terleurgesteld dat dit steeds nie opgelos is nie. Dankie dat julle dit onder ons aandag gebring het. Fairstream sien uit na julle volgende besoek en kan ons jou verseker dat ons die bogenoemde sal aanspreek. Tot ons mekaar weer sien. Groete

Amanda P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Mrt 2022

Goeie ligging, eenheid is groot genoeg vir 'n familiekuier. Die kaggel en elektriese komberse was 'n groot plus, want die huis is koud, kry baie min lig. By aankoms om die sleutel op te tel, is ek meegedeel dat daar nog 'n uitstaande bedrag was. Ek het 'n e-pos van die eienaar ontvang waarna sy versoek het om die balans in haar rekening in te betaal, wat ek gedoen het. Die beddegoed is oud en die kussingslope is vol gate. Die badkamer mat was vuil. Die stort lek water wat deurloop tot in die onderste badkamer. Instandhouding word nie gedoen nie, die mure dop af van water wat deur die dak lek.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Amanda, baie dankie vir die terugvoer asook die kuier in Dullstroom. Ons is tans besig met die herstel en instandhouding. Ek wil graag noem dat daar 'n groot storm in Dullstroom was en dat 'n paar van die venue's moes wag vir die assessors om die kwotasies goed te keur vir herstel werk. Die gelde wat jul inbetaal het is in die besigheid se naam. Ons vertrou dat jy gou weer vir ons gaan kom kuier. Groete

Frik E
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Mrt 2021

Goeie ligging. Atmosfeer. Baie sentrale ligging, maar stil straat. Nie groot tuin vir kinders nie. Goeie waarde vir geld.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Baie dankie vir die terugvoer Frik. Kom kuier gerus weer by ons as julle in Dullstroom is.

Knox B
Kort verblyf
3.8
Okt 2021

Dit is gemaklik en goed geleë. Ons het gemaklik gebly en die ligging is naby aan die dam en die restaurante in die dorp. Die houtvloer op die boonste vloer was nogal lawaaierig vir mense wat onder slaap. Die eenheid is baie goed ingerig en in 'n baie mooi ligging.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Baie dankie vir die terugvoer oor Fairstream 1. Ons is jammer dat jy nie die eenheid rate as goeie waarde vir geld nie. Die houtvloer is ongelukkig soos wat ons die huis oorgekoop het maar ons sal kyk na 'n manier om die klank te demp. Ons hoop dat jy volgende keer met jou besoek aan Dullstroom weer by ons sal oorbly. Groete

Liesl D
Kort verblyf Saam met vriende
3.0
Feb 2021

Good stay, house needs maintenance. We had a lovely stay, but the house needs maintenance. Top bathroom shower leaking into bottom bathroom, door handles were loose, etc.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
0.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Hello Liesl, thank you for bring the maintenance matter under our attention. Our handyman came from Lydenburg to fix and repair the maintenance issues. You are welcome to visit us again.

Willie H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Aug 2019

Baie rustige plek op rand van die dorp. Baie lekker gebly. Plek is netjies en skoon en die warm komberse op die beddens is welkom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Baie dankie Willie, hoop dat julle sommer gou weer in Dullstroom by Fairstream sal kom kuier. Baie bly dat julle die tydjie en die eenheid geniet het.

Sanette D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2019

Heerlik gesellig. Gemaklike en gesellige plekkie waar mens heerlik kan kuier. Netjies en skoon met al die nodige goedjies vir 'n lekker naweek. Kaggel en warm komberse beslis 'n wenner!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Fairstream Selfcatering Guesthouse
Sanette, baie dankie vir die terugvoer. Dit is altyd vir ons lekker en gerusstellend as ons gaste die plekkie geniet. Kom kuier gerus weer in Dullstroom by Fairstream. Groete

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R3 800
per nag, vir 9 mense
Vanaf
R3 800
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jansenstraat, Van Riebeeck-straat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ed7f5436d751ce9b7f90bcec394cb7a18b0d965896aee8b6001372c07ebe1d458c60c432cc5619ac38c5063e158020fd184?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag, vir 9 mense 36 5 1 5 Jansen Street Van Riebeeck Street 1110 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.411337882684 30.101965069771

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang