Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairview Cottages

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Zylstraat 4, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fairview Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf in die klein dorpie Clarens, en is stapafstand van verskeie winkels en restaurante af. Clarens is in die voorheuwels van die Maluti-berge geleë - drie bergreekse wat ouer as die Alpe is - en is naby die Golden Gate Nasionale Park.

Verblyf word gebied in 3 bekoorlike selfsorgkothuise naamlik Garden View, Titanic View en Eagle's View. Alle eenhede bestaan uit 'n dubbelbed, en suite-badkamer, eetarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolfoond, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler met 'n verskeidenheid flieks in. Elektriese komberse, beddegoed en badhanddoeke word ook voorsien. Buite het gaste toegang tot veilige parkeerplek.

Die dorpie Clarens staan bekend as die 'Juweel van die Vrystaat', vanweë sy natuurlike skoonheid. Die dorp is in 'n bewarea geleë en spog met wonderlike staproetes na die pieke van die sandsteenberge, wat asemrowende uitsigte oor die dorp, die Maluti-reekse en die golwende koring- en mielielande bied.

Die dorp is ook bekend vir sy kunsroete, 'n verskeidenheid oulike winkeltjies, handwerkbier en restaurante. Die ou sandsteengeboue dra by tot die egtheid van die dorpie. Clarens het die ideale wegbreekplek geword vir stedelinge van Johannesburg, Bloemfontein en Durban, aangesien hierdie stede almal ongeveer 300 km ver is.

Fairview Cottages is ideaal geleë vir toegang tot die winkels, restaurante, kunsateljees, plaaslike kerke en natuurwandelings te voet. Die naaste restaurant is drie deure weg, terwyl die rivierstap 40 m van die voorhek af begin.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Spaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 307 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Deon K
Saam met vriende
5.0
Ideaal geleë om basies die hele dorp te voet te kan verken/geniet. Heerlik gebly, met voldoende verhitting teen die koue. Ons sal dit beslis weer doen...
Sien meer
Sep 2024
René W
5.0
Absolute ontspanning. Wat 'n heerlike, ontspanne omgewing met die mooiste uitsig.
Aug 2024
Sara K
Saam met lewensmaat
5.0
Dankie aan oom George wat 'n wonderlike oom was. Dit was 'n naweek om nooit te vergeet nie. Ja, sal beslis weer gaan. Oom George is puik.
Jun 2024
Cindy D
Saam met lewensmaat
5.0
Gorgeous, beautiful - will be back. Our cottage was available even though we came earlier. They cleared out their own packroom to store...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Carel V
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie ligging, geen geraas en veilig. Ons geniet dit om altyd by Fair View te oornag.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Brenda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 307

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Van Zylstraat 4, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Fairview Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Zylstraat 4, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGExNjU3YzJkLWM2YTItNDNhYi04YzE0LWM0NDhkZjI4NTFlOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 307 5 1 5 4 Van Zyl Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.513350505681 28.419377906746

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang