Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairways Boutique Hotel

Resensies

3.3/ 5

Gebaseer op 8 resensies


Netheid
3.3
Ligging
3.6
Waarde vir geld
2.6
Diens
3.0
Veiligheid
4.1
Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.8
Jan 2024

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Gerald S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Des 2021

Satisfactory. Beaches poor. Lack of privacy, no toilet door. Other guests have to use your balcony to get to their rooms.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Karen B
Kort verblyf
5.0
Jan 2018

Die dame wat by ontvangs werk, het ons van die 1ste oomblik af tuis laat voel. Sal vir seker weer van LekkeSlaap gebruik maak om plek te bespreek. Ons verblyf by Fairways was heerlik. Kos was smaaklik, net te veel. Almal was baie gaaf en hulpvaardig. Julle sien ons vir seker weer. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Joha V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.8
Mrt 2017

Baie teleurgesteld. Ek voel ek en my wederhelf voel ons is geboelie. Die bestuurder/eienaar is afwesig. Ontvangsdame/kok/vloerskoonmaker(?) gly nie lekker nie. Kamerskoonmaakdiens pateties. Nat handdoeke word slegs omgeruil indien dit versoek word. Lakens het kolle op, plek-plek stukkend, vloere word nie gestofsuig of selfs uitgevee nie. Gaste gebruik die kombuis om self kos te maak. Ontbyt is ver onder standaard. Die goedkoopste wors, frikkadelle, ens. word bedien. Vrugte is swak kwaliteit. Ek kan aangaan en aangaan. Sal die "hotel" nooit aanbeveel nie. Waar kom die naam "boetiekhotel" vandaan? Definitief nie een nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0
Stefanie
Fairways Boutique Hotel
We are very sorry your stay was disappointing. We do pride ourselves in ensuring our guests have a wonderful stay. I have taken up some of the issues you brought to our attention and these are receiving our immediate attention. In other matters and in our defence I would like to state: 1, The person you refer to as a receptionist/cook/floor cleaner is in fact our Duty Manager. 2. As stated on your welcome letter towels are only changed if left on the floor, which is a common "green" policy in most hotels. 3. We use only the best ingredients for our breakfasts. The sausages are Eskort pork sausages and in fact for 2 of the 4 breakfasts you had with us we bought especially for you - Ouma's best grade Boerewors from Checkers Butchery.

Sarita C
1 nag Gesin met tieners
4.4
Okt 2016

Ons het heerlik gebly. Die blyplek was skoon, veilig en gerieflik. Ons kon maklik by die hekke in en uit gaan. Die badkamer was veral 'n lekker bederf. Ontbyt was heerlik.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anthony V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2016

Ons het die hotel en ligging geniet. Baie lekker gekuier, en gehou van die hotel en ligging reg oorkant die strand. Sal graag die volgende verbeteringe/verandering wil sien: Deure aan die badkamers. Miskien aandete ook aanbied? Jacuzzi was bietjie vol sand toe ons hom wou gebruik. Andersins - ons is gelukkig en sal graag terugkeer. Dankie!

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Marius D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Okt 2016

Dit was heel aangenaam. Alhoewel die verblyf redelik was, was dit beïnvloed deurdat daar te veel steurnis was van ander hotelgaste. Die kamermure is dun en as ander gaste raas, is dit steurend. Die bad se prop het nie lekker geseël nie en krane was los. Klippe in stort is 'n swak idee. Dit is ook duur in vergelyking met tophotelle in Durban wat baie beter gehalte bied. Die ontbytpersoneel was baie gaaf.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Jaco E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.8
Sep 2016

Swak verby. Die hotel verdien nie 'n 4 ster resensie nie! Het foto's deurgegee oor swak standaarde wat ons ervaar het. Vermy ten alle koste. Eerstens, wag jy by die hek in groot hoop dat iemand dit sal oopmaak nadat jy die interkom gelui het. Uit desperaatheid skakel ek die sel nommer wat beantwoord word deur 'n nors vrou. Na nog 'n lang wag gaan die hek oop. Twee paar vrot skoene en 'n ou handdoek begroet jou by die hoofingang, geen teken van 'n mens. Nadat ek die klokkie lui kom 'n dame uit die kombuis, kaalvoet! Na 'n uiters onprofessionele ontvangs neem sy ons na die kamer, "luukse kamer" nr 1. Die tuinjong cum verwer cum butler, ook kaalvoet en in 'n vuil blou oorpakbroek en T-hemp, neem ons tasse na die kamer. Wat 'n teleurstelling, Dis vuil en duidelik baie lanklaas goed skoongemaak. Spinnerakke om die hooflig, smerige yskas, geen komplimentêre tee, koffie, snesies, ens. soos standaard is in 'n sogenaamde boetiekhotel nie. Goedkoop pienk seep op die wasbak in die badkamer, die handdoekreling val af. Handdoeke is so hard dit kan as skuurpapier gebruik word. Blinders is gebreek en vol stof! Die vensters is vasgeskroef en die enigste een wat wel kan oopmaak val af toe ek dit die volgende oggend toemaak. Ontbyt is 'n nog groter teleurstelling. Dis net voor 9 en NIEMAND in die kombuis of eetkamer. Vier bakkies geseëlde joghurt, paar piesangs en appels en 'n bak pynappel is die koue buffet! Eetgerei is getjip en daar is nie een teelepel wat by die ander pas nie. So ook die res van die eetgerei. Geen servette nie. Ek skakel die eienaar oor ons klagtes, maar haar reaksie is dat sy iemand sal stuur om die venster te kom regmaak en gooi die foon in my oor neer. Ek vra vir 'n kluis of die toesluitkas se sleutel in ons kamer, maar word na kamer 4 geneem en versoek om die kluis daar te gebruik.Ons besluit om uit te teken. Ek lui die klokkie in ontvangs aanhoudend, maar daar is geen reaksie nie. Ek skakel die landlyn terwyl ons in ontvangs staan maar dit lui telkemale sonder enige iemand wat antwoord. Ek probeer die sel, maar dit is af. Uiteindelik kom 'n skoonmaker (kaalvoet) te voorskyn en ek versoek dat sy Stefanie (die eienaar) roep omdat ons wil uitteken en 'n terugbetaling wil eis. Sy verdwyn en na 'n baie lang tyd kom sy terug met die boodskap dat daar geen terugbetaling sal wees as ons voor die tyd uitteken nie. Ek versoek haar om dit op skrif te sit omdat sy die sogenaamde "housekeeper" is en ontdek dat sy nie kan skryf nie. Ek wys haar alles in die kamer waaroor ons kla. Was dit nie vir die foto's wat ek aan LekkeSlaap gestuur het nie, sal ek sekerlik nie 'n terugbetaling ontvang het nie. Hierdie plek verdien geensins 4 sterre nie, hoort nie op LekkeSlaap nie. Ek het nog nooit sulke slegte diens ontvang soos hierdie nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Stefanie
Fairways Boutique Hotel
I am sorry that you had a bad experience. The decorators had been in that suite before the guest arrived and made a mess. The guest was later given a refund for the experience. This is not a review that we commonly get but in this case was fully deserved.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.3/5

Stefanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 490
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 490
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fairwayrylaan 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81c709aca4aaaadb6fcb27ca67f48a236d9593c6423fbfeb5157e8ef3061a7da25d40537405f574b5bb0c43da2690f0a96b3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 490 per nag, vir 2 mense 8 5 1 4 3 Fairway Drive Salt Rock 4391 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.5050588 31.234855

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang