Fairways Boutique Hotel
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairwayrylaan 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 490 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fairways Boutique Hotel is direk langs die hoofswemstrand in Salt Rock geleë. Dit is eksklusief ontwerp met net 12 luukse suites vir die oordeelkundige vakansieganger, sakereisiger of konferensieganger met weelderige mahonie-houtmeubels in al die suites.
Al ons suites het 'n bad en stort, badjaponne, DStv, gratis WiFi, balkonne en lugversorging. 'n Ontbytrestaurant, formele eetkamer, pragtige tuine en swembad is beskikbaar. Die hotel bied smullekker ontbyte.
Fairways is naby aan al die geriewe geleë. Verskeie goeie restaurante is naby. Salt Rock het 'n rustige ambiance alhoewel dit naby die gewoel van Ballito geleë is. Ballito bied alles wat jy benodig: inkopiesentrums, filmteaters, restaurante en 'n opwindende naglewe. Diepseeduik of visvang, dolfyn/walviskyk, skubaduik, seilplankry, perdry, vierwielmotorfietsry, mikrovliegtuigvlugte of helikoptervlugte is maar van die aktiwiteite wat in die nabye omgewing beskikbaar is. Die omgewing is 47 km noord van Durban op die KwaZulu-Natalse Noordkus geleë en staan bekend as die pêrel van die Dolfynkus en is die hartjie van die uitgestrekte kuslyn. Salt Rock is omring deur goue strande en die warm Indiese Oseaan. Dit is veral bekend vir sy veilige en pragtige strande. Die hoofswemstrand oorkant die hotel word met haainette en lewensredders beskerm en spog ook met 'n groot getypoel vir die jonges. Ons gaste is ook welkom by die verskeie wêreldklas-gholfbane, insluitend Zimbali, Princes Grant en Umhlali om maar 'n paar te noem.
Wat jy ook al verkies, wees verseker dat Fairways sentraal geleë is, maar steeds 'n rustige en ontspanne atmosfeer bied.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.3/5
Stefanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Fairwayrylaan 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Fairways Boutique Hotel het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Salt Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairwayrylaan 3, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang