Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

FAK Udolpho Rivierplaas

  • Kapasiteit: 159 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die S1052, Udolpho Plaas, Parys, 9858, Vrystaat
  • Vanaf R320 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

FAK Udolpho Rivierplaas is op die oewer van die Vaalrivier geleë en is net 10 km buite Parys. Die plaas het pragtige landskappe en baie voëlspesies. Dit is dus die ideale verblyf vir alleenreisigers, gesinne of groepe en bied 'n ontspannende wegbreek in die Vrystaatse platteland.

Verblyf is beskikbaar in 'n verskeidenheid eenhede insluitend Sally Williams met slaapplek vir 6 gaste, Mooifontein met slaapplek vir 10, Trek Ferreira met slaapplek vir 7, Nalekoker-Woonstelle met slaapplek vir 2 , Japie my Skapie met slaapplek vir 7 en Silver de lange met slaap plek vir 8.

Ander geriewe beskikbaar op oord is vlugbal, put't put't baan, swem, visvang vir die eenhede op die oewer, voël kyk en stap op die plaas.

Besoekers aan FAK Udolpho Rivierplaas het ook toegang tot die nuutste Ossewakamp. Die kamp beskik oor 10 oorspronklike ossewaens wat in 'n laer getrek is en spesiaal ingerig is met slaapgeriewe. Dit is die grootste kamp van sy tipe in die omgewing en bied slaapplek aan gaste. Hier kan gaste 'n unieke ossewa-ervaring geniet en ook die Penkop- en Opstaan-monumente op die perseel besoek om meer te leer van die Afrikaner-geskiedenis en -erfenis.

Ons het ook 'n groot kombuis met eetsaal, slaapsale en konferensie sale.

WANT HIER BEGIN JOU PLAAS VAKANSIE!!!!!!!

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 117 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Liesl V
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Dit is ongelooflik rustig en in die natuur. Julle sien ons sommer gou weer!
Des 2024
Dianna S
5.0
Baie bevredigend. Baie lekker, was verskriklik warm, aircon sal definitief help.
Des 2024
Esme G
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gerus. Heerlik tuisgegaan by Udolpho in Mooifontein huis! Baie ruim en gerieflik ingerig. Die historiese besienswaardighede by Udolpho geniet ...
Sien meer
Des 2024
Harry V
Saam met vriende
5.0
Rustig, huislik, gerieflik - ons kuier regtig elke keer lekker hier. Vriendelike ontvangs, goed toegeruste, skoon verblyf. Alles was sommer net lekker...
Sien meer
Nov 2024
Helene D
Gesin met klein kinders
5.0
It was relaxing. It was clean and we enjoyed being outdoors. There were many things for children to do.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Leonie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 117

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Langs die S1052, Udolpho Plaas, Parys, 9858, Vrystaat
  • Gaste dink FAK Udolpho Rivierplaas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 320
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 320
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 159 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die S1052, Udolpho Plaas, Parys, 9858, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZkC9BoqcJIAm8afEstJMka0EH67BfwjjPvZ4NnDmGPDcvujNWg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R320 per nag (plek vir 2) 117 5 1 5 Off the S1052 Udolpho Farm 9858 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.863308004076 27.488771805932

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang