Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Family Beach House in Gouritz

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 7, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 990 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Family Beach House in Gouritz bied selfsorgverblyf in die klein kusdorpie, Gouritz. Die perseel is sowat 1,1 km vanaf die hoofstrand en rivier en is dus die ideale basis vanwaar hierdie deel van die Tuinroete verken kan word.

Dié vakansiehuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde kamers het elk 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede, derde, en vierde kamers deel 'n tweede gesinsbadkamer met 'n stort en bad.

Die ruim oopplan-kombuis met 'n eetarea is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, ooghoogte-oond, gasstoof en 'n etenstafel vir 10 toegerus. Die sitkamer het gemaklike banke en 'n mooi uitsig oor die see deur die 5 m-lange skuifdeure wat lei na die grasperk in die voortuin. Die kombuis lei na die agterste binnehof met braaigeriewe. Parkeerplek is agter die huis beskikbaar en dis maklik bereikbaar met geen trappe nie.

Die perseel is naby verskeie plekke wat perfek is vir visvang. Die dorp het 'n restaurant en 3 algemene handelaars. Gouritz is ook net 49 km vanaf Mosselbaai.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Lauren B
Gesin met tieners
5.0
Excellent. Excellent accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Gavin B
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie ligging, groot ruimte (oop huis). Dit was regtig 'n uitstekende naweek by Beach House. Die ligging is perfek en die uitsig oor die see asemrowen...
Sien meer
Okt 2024
Irebe B
Saam met vriende
5.0
Ontspanne, gerieflik, beeldskone uitsig oor die see. Rita was verskriklik behulpsaam en vriendelik met die reëlings van ons verblyf. Die huis was baie...
Sien meer
Aug 2024
Arina A
Gesin met tieners
5.0
Rustig, mooi uitsig en netjiese huis. See uitsig is altyd 'n wenner. Ons het baie lekker ontspan.
Jun 2024
Ernestine G
5.0
Truly the gem of Gouritz. The house gives you the best of both worlds, a modern kitchen with antiques throughout the house. The most am...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Rita Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Kusweg 7, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Family Beach House in Gouritz het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 990
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 1 990
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 7, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA77c9d40ca16f0701812dedda9da49a7ddd55e3e05386fac03e0115812b87a02314d78d0b4bb8cbe9049cd6a7f3fa254e3613?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 990 per nag (plek vir 8) 34 5 1 5 7 Kus Road Gouritz 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-15:00 10:00 -34.356670271514 21.876030404322

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang