Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Family Guest House

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Family Guest House is in Middelburg in die Oos-Kaap en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede. Verblyf word in 'n drieslaapkamerhoofhuis, die oornagkamer of 'n selfsorgwoonstel aangebied.

Elke slaapkamer in die hoofhuis het 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer is apart en het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Dit het ook 'n aparte opwaskamer met wasgeriewe. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv en die eetarea het oorgenoeg sitplek vir gaste.

Daar is lieflike braaigeriewe en 'n swembad.

Die oornagkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kamer het ook 'n yskas en 'n mikrogolfoond.

Die woonstel het 2 driekwartbeddens en die badkamer het 'n stort. Die eenheid het 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Esme G
Gesin met tieners
5.0
Gerieflike verblyf. Goeie oornaggeriewe met alles wat nodig is.
Jun 2024
Safiyya K
5.0
Hospitable and comfortable. I was only there for one evening, but the host was a very lovely person - she had put the electric blanket ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Leon N
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was waarde vir geld. Ons is goed ontvang en verwelkom. Het rustig geslaap.
Mei 2024
Barend B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en ontspanne. Ja baie lekker. Ligging baie maklik om te kry. Kamers netjies en skoon. loop die spreekwoordige ekstra myl om ons tuis te la...
Sien meer
Apr 2024
Amelia R
Gesin met tieners
5.0
Vriendelik. Baie vriendelik en behulpsaam. Die plek was baie netjies en skoon.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Family Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzRj0EinOl330rB2wIJCR0Vp6oYa5watowsBFG7LFvk5mnIkSYx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 62 5 1 5 39 Murray Street North Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.489247617219 25.005716629144

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang