Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Family Guest House

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Family Guest House is in Middelburg in die Oos-Kaap en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede. Verblyf word in 'n drieslaapkamerhoofhuis, die oornagkamer of 'n selfsorgwoonstel aangebied.

Elke slaapkamer in die hoofhuis het 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer is apart en het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Dit het ook 'n aparte opwaskamer met wasgeriewe. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv en die eetarea het oorgenoeg sitplek vir gaste.

Daar is lieflike braaigeriewe en 'n swembad.

Die oornagkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kamer het ook 'n yskas en 'n mikrogolfoond.

Die woonstel het 2 driekwartbeddens en die badkamer het 'n stort. Die eenheid het 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Nadine S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker en veilig. Baie lekker gebly en baie veilig.
Des 2024
Mariaan W
Gesin met tieners
5.0
Tannie Susan is baie gasvry. Dis baie netjies. Dit was amazing. Tannie Susan was baie gasvry. Die plek is netjies en ons het 'n lekker tyd gehad.
Des 2024
Nico B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker oornag. Baie ruim en skoon, alles wat ons nodig gehad het. Vriendelike ontvangs en bystand. Lekker afgekoel in die swembad.
Des 2024
Hayley S
Saam met lewensmaat
5.0
Well worth it. It was just perfect!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Rynier P
Gesin met klein kinders
5.0
Slaap. Waarde vir geld. Lekker gebly. Gemaklik gebraai. Lekker geswem.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 78

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Family Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat-Noord 39, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzRj0EinOl330rB2wIJCR0Vp6oYa5watowsBFG7LFvk5mnIkSYx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 78 5 1 5 39 Murray Street North Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.489247617219 25.005716629144

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang