Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Family Suite @ African Olive Country Estate

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riastuine AH 5, Rietpoort, Parys, 9585, Noordwes
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Family Suite @ African Olive Country Estate is 'n bekoorlike selfsorgkothuis tussen ander eenhede op die African Olive Country Estate, 'n werkende plaas en die poort na die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied. Dit is net 1 km vanaf Parys op 'n teerpad, naby genoeg om by die dorp in te loer en ver genoeg om steeds in die platteland te wees.

Dié eenslaapkamer-gesinskothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die sitarea. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die eenheid het lugversorging en 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele en dit lei na die sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met OpenView-kanale en 'n knus kaggel vir koue aande.

Die kothuis lei na 'n lieflike stoep met 'n uitsig oor die Vredefortkoepel-area en daar is ook braaigeriewe beskikbaar. Daar is ook braaigeriewe by die lapa-area en gaste kan die gemeenskaplike swembad benut. Verder kan gaste verwag dat bokke verby sal loop terwyl hulle op die stoep ontspan.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 39

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Riastuine AH 5, Rietpoort, Parys, 9585, Noordwes
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riastuine AH 5, Rietpoort, Parys, 9585, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA537a0fac7f7aa68c8794f27c29d4d212cad2d734b7d3d73cbac1ea8355646904b037d800be8c62379eb54085307525ad3170?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4) 5 Riastuine AH Rietpoort 9585 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.895197185703 27.440623148225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang