Farm Sanctuary SA
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dirkie Uys-straat 63, Langs Elandskloofweg, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Farm Sanctuary SA is in die bekende Franschhoekvallei geleë en gee gaste die kans om die pragtige plaas en oulike plaasdiere te ervaar. Dié plaas is 'n veilige hawe vir geredde plaasdiere en 'n ideale wegbreek-opsie vir gaste wat op soek is na 'n buitengewone verblyf-ervaring.
Daar is 'n verskeidenheid unieke verblyf-opsies, insluitend The Cube House, Unique Farm Stay en Extraordinary Barn Loft wat elk 2 gaste kan akkommodeer. Elkeen van die 3 eenhede het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort of 'n bad en 'n stort. Gehaltelinne, badhanddoeke en seep word in elke eenheid voorsien.
Elke eenheid is met 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n Nespresso-masjien toegerus. The Cube House het 'n lieflike houtdek met sitplek, Unique Farm Stay spog met 'n voorstoep met 'n hangmat en 'n wenteltrap wat na 'n uitkykdek lei, en The Extraordinary Barn Loft bied toegang tot 'n sonnige houtdek met gemaklike buitemeubels, 'n sauna en 'n warmbad. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Gaste het toegang tot die 20 m lange swembad en groot, welige tuin by La Villa Retreat wat langsaan is. Franschhoek is 'n bekoorlike en skilderagtige dorpie wat besoekers 'n voorsmakie van Suid-Afrika se ryk geskiedenis, kultuur en natuurskoon gee.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Michelle Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 maande
Ligging
- Dirkie Uys-straat 63, Langs Elandskloofweg, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
- Gaste dink Farm Sanctuary SA het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dirkie Uys-straat 63, Langs Elandskloofweg, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang