Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Farmer Burger Akkommodasie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R365, Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Farmer Burgers Akkommodasie bied ontspannende plaasstylverblyf 9 km suid van Lambertsbaai, 'n rustige vissersdorpie aan die Weskus. Hierdie dorpie is vir pragtige, wit strande, diverse natuurlewe, poeieragtige sand, groot golwe, golwende duine, 'n voëlbroei-eiland en 'n matige klimaat regdeur die jaar bekend en is die ideale bestemming.

Verblyf word in 3 eenhede gebied wat elkeen vir selfsorg toegerus is.

Farmer Burger Manor House het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders. Hierdie eenheid het 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het slegs 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed vir 3 kinders. Die eenhede deel 'n badkamer met stort- en badgeriewe. Die kombuis is met 'n ketel, gasstoof en mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n gastebadkamer. Gaste het toegang tot 'n eet- en 'n sitarea.

Die groter eenheid beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea met slaapplek vir 'n ekstra 2 gaste. 'n Ekstra fooi word vir gaste ouer as 12 jaar vereis. Die kleiner eenheid het 1 slaapkamer en slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind.

Hierdie eenhede het toegang tot 'n buitebraai-area en parkeerplek word ook op die perseel voorsien. Die eenhede het nie 'n see-uitsig nie, maar daar is 'n privaat strand 50 m vanaf die eenhede, oorkant die pad.

Die gewilde branderplankryplek, Farmer Burgers, is oorkant die pad. Hierdie verblyf maak van gas, olielampe en kerse gebruik. Elektrisiteit is slegs vir yskaste, selfoonlaaiers, haardroërs en basiese benodigdhede. Hiér kan gaste van die gewoel van die stad en die alledaagse lewe ontsnap en die rus en vrede van die plaas en die see geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Glenda G
Saam met lewensmaat
5.0
N heerlike wegbreek in 'n lieflike plekkie. Farmer Burger is netjies en skoon met vriendelike diens van Alet. Ons het die eenvoud van die rustige plek...
Sien meer
Mei 2024
Pierre R
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende spasie en ligging. Baie lekker, soos 3 maal in die verlede.
Mrt 2024
Deonita C
Saam met lewensmaat
5.0
Was 'n rustige en aangename ervaring. Ons het heerlik gebly. Dus rustig en ons kon afskakel. Ek sal beslis weer bespreek indien dit op 'n geleë tyd we...
Sien meer
Nov 2023
Cabri V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid Alles het seepglad verloop. Alet is 'n yster. Dankie vir die goeie kommunikasie. Die huis is regtig mooi, skoon, ruim en veilig. Binnebraai...
Sien meer
Nov 2023
Anel L
Gesin met klein kinders
5.0
Quiet, tranquil, peace. The ability to unwind ─ exceeded my expectations.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • R365, Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Farmer Burger Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R365, Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZVcg8Td6H11RAg7Cw4mbtlty1K3BOwzGDeE7mxrEOeEmauEjmn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 R365 Steenbokfontein Farm 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -32.168539571208 18.313010633159

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang