Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Feel @ Home

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Linnestraat 15, Brandwacht, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Feel @ Home is 5 minute se ry van Stellenbosch se middedorp, plaaslike restaurante, skole en gewilde wynlandgoedere af. Daar is 3 gerieflike en ruim en suite-kamers in 'n privaat huis in 'n stil buurt langs 'n plaas. Let asb. op dat Feel @ Home nie gastehuis- of B&B-geriewe bied nie.

Kamer 1 het 'n dubbelbed, 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is 'n werkstasie met breekware, eetgerei, 'n ketel, mikrogolfoond, yskassie en broodrooster. Daar is ook 'n klein tafel en 2 stoele in die kamer en 'n patio buite. Die kamer het nie braaigeriewe nie.

Kamer 2 is ruim en het 'n koningingrootte-bed, 'n kombuisie met 'n klein tafel en 2 stoele, 'n yskassie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, broodrooster, ketel, basiese breekware en eetgerei, 'n strykplank en strykyster. Die buitedeur bied toegang tot 'n klein tuin met 'n losstaande braai. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Kamer 3 is ruim en oopplan met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n ekstra gas. Dit het 'n klein kombuisie met basiese eetgerei en breekware, 'n ketel, broodrooster, braaipan, mikrogolfoond en yskassie. Die privaat badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die agterdeur bied toegang tot 'n patio met 'n losstaande braai en 'n klein tuin.

Daar is geriewe soos gratis WiFi, 'n waaier, elektriese kombers in al die kamers. Elke kamer het 'n privaat ingang en privaat geriewe.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamer is op die perseel beskikbaar. Die eienaar se privaat swembad is op versoek in die somer beskikbaar.

Gaste kan die studentedorp met sy talle restaurante, kunsgalerye, teaters, museums van hiér af verken, die wynplase in die area besoek of in die buurt, berg, dorp en langs die Eersterivier wandel. Daar is 'n ryk voëllewe in die buurt. Daar is ook verskeie voetslaanroetes en avontuur-uitstappies in en om die dorp.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 316 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Werner P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en gemaklik. Ons het 'n troue bygewoon en ons verblyf was perfek vir die 3 dae.
Des 2024
Ilna R
5.0
Ons sal definitief weer daar gaan bly. Baie lekker gebly! Mooi omgewing, stil en rustig, naby die middel dorp.
Des 2024
Thelmarie F
Saam met lewensmaat
5.0
We really enjoyed our stay, thank you! The units were beautifully decorated and so comfortable. The hostess was friendly and helpful. W...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Marina Coetze C
Gesin met klein kinders
5.0
Baie rustige area, het dit geniet daar. Baie dankie vir jou gasvryheid, en dat ons regtig tuis gevoel het.
Okt 2024
Mathilda S
5.0
Uitstekende verblyf en geriewe. Soos altyd, as ek hier bly, was dit weereens gerieflike, rustige, gasvrye verblyf - eienaars baie vriendelik en verwel...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Petra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 316

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Linnestraat 15, Brandwacht, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Feel @ Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Linnestraat 15, Brandwacht, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e67563da7865ad66b2e6251aa2aa9f696c3a98d563cc36208bc822d0d29343c730fc4734275d941dcb3dd73cbbeba78e1b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 316 5 1 5 15 Linnes Street Brandwacht 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.958976726957 18.87116163969

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang