Fernhill Guest Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highway West-weg, Mount Pleasant, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fernhill Guest Farm is net buite Knysna in die mooie Rheenendal. Die area is bekend vir oerwoude, fietsry- en voetslaanroetes.
Fernhill Guest Farm is net 'n entjie se ry vanaf Knysna, asook die Buffalo Bay-strand. Dit is 20 minute se ry vanaf Sedgefield waar gaste die bekende Saturday Wild Oats Mark kan besoek.
Daar is 4 Plaaskothuise met 'n uitsig oor die plaaskampe waar plaasdiere rustig wei. Die kothuise het slaapplek vir 6 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die leefarea het 'n slaapbank vir 'n vyfde of sesde gas en die kombuise is goed toegerus vir selfsorg. Daar is 'n kaggel en die wonderlikste skaduryke stoep met 'n ingeboude braai. Dit is die moeite werd om vroeg op te staan vir die ononderbroke uitsig oor die sonsopkoms.
Vir diegene wat graag stap, is daar pragtige roetes op die plaas van 56 hektaar. Gaste is welkom om honde teen 'n ekstra fooi saam te neem, want die volledig omheinde huisies is troeteldiervriendelik. Hierdie area is ook baie gewild onder bergfietsryers, so bring jou fiets en verken hierdie streek wat deel uitmaak van die 7 Passes-roete tussen Knysna en George. Die kothuise is in 'n bewarea geleë, en behalwe vir die plaasdiere is daar ook baie vrylopende wild, insluitend bosbokke, bosvarke, luiperds, ape, bobbejane, ystervarke en 'n groot verskeidenheid voëls.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Marcelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 101
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Highway West-weg, Mount Pleasant, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Gaste dink Fernhill Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highway West-weg, Mount Pleasant, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang