Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fifty on the Rocks

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: San Miguel 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 260 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Fifty on the Rocks is ’n selfsorg-vakansiehuis op die strandfront van Orange Rocks aan die Suidkus. Hierdie drieslaapkamerkothuis spog met 'n 180 grade-uitsig oor die see en het 'n oop stoep met 'n dagbed en wiegstoele. Daar is rugsteunstelsels in plek wat ondersteuning tydens beurtkrag en watertekorte bied.

Die hoof- en tweede slaapkamer het elk ’n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad en 'n toilet, en 'n aparte gastetoilet is ook beskikbaar.

Die oopplan-sitarea en -eetarea lei na 'n uitsig oor die balkon oor die see. Die kombuis is met ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, gasstoof, ketel en 'n wasmasjien toegerus. Daar is ook WiFi.

Troeteldiere word toegelaat en die huis het bakke, kussings en komberse wat vir troeteldiere gebruik kan word. Die agtertuin is omhein en daar is ook 'n hok wat skuiling teen onaangename weer bied.

Hierdie huis spog ook met 'n see-uitsig en bied direkte toegang tot die strand. Gaste kan aktiwiteite soos visvang vanaf Orange Rocks direk voor die huis, diepsee-hengel, haaihokduik, skubaduik, walvis- en dolfynkykritte en bootritte by Shelly Beach wat naby geleë is probeer.

Die sekuriteitstelsel sluit 'n gemotoriseerde oprithek, interne- en eksterne bewegingsensors, asook 'n elektriese heining in.

Verder is daar ook 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel wat gerugsteun word deur 'n 100AH 48V-battery en 'n 5KVa-omsetter. Dit verseker dat die TV, OpenView-dekodeerder en ander mobiele elektroniese toestelle sal werk tydens kragonderbrekings.

Daar is ook 'n aparte woonstelletjie aan die agterkant van die perseel wat geskik is vir 2 gaste teen 'n ekstra koste.

Uvongo is 'n klein kusoorddorpie aan die Hibiskuskus. Dit is bekend vir sy skilderagtige waterval wat in die strandmeer stort. Gaste kan ook roeibote en kano's op die strandmeer huur, kurios koop of die plaaslike handwerkmark op die strand besoek. Uvongo Beach het lewensredders en ook haainette wat dit uitstekend vir swem- en branderplankry maak.

Aktiwiteite in die area sluit die 5 km-parkloop vanaf St Michaels-strand na Uvongo-strand in, wat elke Saterdagoggend geskied. Verder word die seetemperatuur ook deur die warm Mosambiekse-stroom beïnvloed, en daal selde onder 19 grade.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Fifty on the Rocks
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

David Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 347

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • San Miguel 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Fifty on the Rocks het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 260
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 260
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: San Miguel 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8fb079687cea480fee9a562e8de4170e00aeb27a55c5b459ef37771b08a09a013ddb2ab7557cf0f6fd290e95a3857567c9dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 260 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 7 San Miguel Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 09:00 -30.824856336457 30.403671215939

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang