Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fijnbosch @ Jacobsbay

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaantjie-draai 1, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Fijnbosch @ Jacobsbay is in Jacobsbaai geleë, 'n idilliese, tog tradisionele Weskus-dorpie tussen Paternoster en Langebaan. Jacobsbaai is sowat 145 km vanaf Kaapstad wat dit ideale wegbreek-bestemming maak uit die besige stad.

Die gastehuis beskik oor 4 eenhede wat ten volle toegerus is en slaapplek vir 2 gaste het. Al die eenhede is op die grondvloer met uitsigte oor die tuin. Elkeen van die eenhede het 'n privaat sitkamer en eetarea, 'n toegeruste kombuis, 'n en suite-badkamer, 'n slaaparea en 'n privaat patio met braaigeriewe.

Die luukse beddens word met gehalte-linne opgemaak en die eenhede het ook elkeen 'n Nespresso-masjien, 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Vir ekstra klas word die mure versier met skilderye deur die kunstenaars Phillip Britz en Gerda Claasen.

Gedurende Julie en September word die Jacobsbaai-omgewing omskep in 'n sprokiesverhaal-wêreld met pragtige blomme. Die grondpaaie neem gaste terug na 'n eenvoudiger tyd waar 'n goeie boek voor die kaggel 'n móét is om te ontspan. Die omgewing bied ook verskeie voetslaanroetes langs die kus.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Alexa R
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Everything was amazing. Had a fabulous stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Johan E
Saam met lewensmaat
5.0
'n Wonderlike verblyf, rustige atmosfeer en net die plek vir ontspan. Beslis 'n gunsteling van ons, sal weer en weer terug gaan.
Jun 2024
Marius R
Saam met lewensmaat
5.0
Die baai van vreugde. Ons het lekker gebly en meer gekry as wat ons verwag het. Ten spyte daarvan dat alles skoon was, was ons verras met die verskill...
Sien meer
Apr 2024
Sally C
Saam met lewensmaat
5.0
Top class accommodation. Fabulous decor, spotlessly clean and everything a traveller could need for self-catering. We loved the private...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Ilze E
Saam met lewensmaat
5.0
Ons verblyf was uitstekend, alles en nog meer wat jy nodig het. Die plekkie is fantasties, sal enige tyd terug gaan.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 71

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Baviaantjie-draai 1, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fijnbosch @ Jacobsbay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaantjie-draai 1, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYxNWJiYjM1LTczMjAtNGRlMC05YzkyLWQxOGZkZTliNWZkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 71 5 1 5 1 Baviaantjie Bend Jacobs bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.974544154604 17.887028309193

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang