Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fin & Feather Guest Lodge

Gastehuis

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Iana S
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2023

Altyd gasvry, hulpvaardig en silwerskoon. Sal net bietjie meer ventilasie in die kamer wil hê. Daar is slegs 'n baie klein venster in die badkamer wat oopgemaak kan word. Voor is daar net 'n skuifdeur sonder 'n veiligheidsdeur, sodat mens dit kan oophou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Iana S
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2022

Baie rustig en vriendelike diens! Baie mooi netjies en vriendelike diens. Rustige verblyf in besige stad!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stuart V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2022

Gaan uit hulle pad. Die sjef en die ontvangs dame/opsigter is regtig diamante. Hulle het ons so tuis laat voel. Hulle het ook laat ons daar 'n braai hou met ons familie. Ons sal definitief weer daar bly. Die kamers is mooi groot en is regtig die moeite werd. Die tuine is mooi en almal is so bedagsaam. Die plek is a gem.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Combrinck L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2022

Gerief, waarde vir geld, en goeie diens. Ek en my metgesel het 'n aand hier oornag en dit was perfek vir wat ons nodig gehad het. Baie gerieflike kamer, bed het heerlik geslaap, warm en snoesig. Die ontbyt was ook heerlik en vullend. Die diens oor die algemeen was baie goed. Sal beslis weer gaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Leana S
1 nag
5.0
Mei 2022

Netjies, gerieflik, vriendelike mense. Ek bly gereeld by F&F vir besigheid en soms vakansie. Vriendelike mense en heerlike kos.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rialda D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Altyd fantasties! Ons is weereens baie vriendelik ontvang en almal is ongelooflik gasvry. Hulle het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer. Ons bly gereeld daar en sal altyd weer teruggaan. Die ligging is goed en die kamers is uiters netjies en baie mooi. Alles is daar wat mens mag nodig kry. Nogmaals dankie vir julle vriendelike diens en gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louise V
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jun 2022

Een van die beste gastehuise waar ons nog gebly het. Baie netjies en skoon. Die diens is onverbeterlik. Die personeel is baie behulpsaam. Die sjef is briljant en sy ontbyt is uit die boeke. Ek sal beslis weer hier gaan bly in die toekoms.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Dewald D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Mrt 2022

Baie vriendelik en skoon. Goed verwelkom en vriendelike diens, kamers is baie netjies en meer as wat mens nodig het. Ontbyt is bitter lekker deur Albert gemaak en plek is altyd netjies en mense is vriendelik. Sal enige tyd weer teruggaan.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Rialda D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2021

Fantastiese ontvangs en verblyf! Ons is hartlik ontvang en kamer het alles wat benodig sou word. Die kamer is skoon en netjies en die blommetjies het mens welkom. Die gastehuis is ideaal geleë en ons sal vir seker weer daar oorslaap. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nkechi Udeagha
Fin & Feather Guest Lodge
Good day Rialda, Thank you very much for the lovely review. It was a pleasure having you here and hope to see you soon again. Courtney@Fin and Feather

Alicia R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Okt 2021

Baie rustig gewees en kon net ontspan. Baie behulpsame staf. Baie lekker ontbyt was bedien. Vriendelike mense wat daar werk en het geen probleme gehad nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Nkechi Udeagha
Fin & Feather Guest Lodge
Hi Alicia Dankie vir die mooi resensie. Ons hoop om u spoedig te sien!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nkechi Udeagha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R870
per nag, vir 1 mens
Vanaf
R870
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 32 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Rand-weg 31, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbe91b94e73a111ff15ac74211001b8e3ed79c5e9256cd21f2f1787ac82e9e86cdbd4ac7adbf6c28c8c575c5d6e88a109a4fc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R870 per nag, vir 1 mens 43 5 1 5 31 North Rand Road Beyerspark 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.17981179346 28.272650134622

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang