Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Finistere

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Finistere is in L'Agulhas geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié sonkrag-aangedrewe akkommodasie bestaan uit 2 woonstelle wat in 'n 3-verdiepinghuis geleë is en spog met pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan en die bekende vuurtoring.

Die eerste eenheid is op die grondvloer geleë en het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, tweeplaatstoof en yskas, ideaal vir verhit-en-eet etes, asook koffie- en teemaakgeriewe. Dit het 'n onderdakstoep met lieflike braaigeriewe en 'n tafeltjie met 2 stoele. Parkeerplek vir hierdie eenheid is op die grasperk voor die eenheid.

Die tweede woonstel is op die derde verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste op 'n slag. Elke kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamers beskik oor oorgenoeg kasspasie. Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en 'n slaapbank, en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n tweeplaatgasstoof, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer loop uit op 'n onderdakbalkon met pragtige uitsigte oor die see. Dié woonstel beskik ook oor 'n binnebraai met vlekvrye staaldeure. Hierdie eenheid word van agter die huis via 'n trap bereik.

Die 2 eenhede word onafhanklik verhuur.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Meaghan K
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf en vriendelik ontvangs. Dit is my tweede keer by Finistere en dit bly 'n aangename ervaring. Rustig, skoon, behulpsame gasvrou en v...
Sien meer
Feb 2024
Gerrit H
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Die uitsig is fantasties en daar is alles wat mens benodig. Die eienaars is vriendelik en hulpvaardig. Die uitleg van d...
Sien meer
Jan 2024
Meaghan K
5.0
Sprokie mooi. Warm, vriendelike ontvangs deur die dame wat daar werk, definitief 'n aanwins. Sy was baie behulpsaam. Eienaars was altyd beskikbaar as ...
Sien meer
Okt 2023
Nadeem B
Saam met lewensmaat
5.0
This is my second time at Finistere and certainly not my last. The accommodation fulfilled all my expectations. The host was very kind ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Karen N
5.0
Uitstekend. Dit het die hele naweek gereën en die plek was ruim genoeg dat ons heerlik binne kon kuier en steeds die see kon sien. Alles was mooi skoo...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Roda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Finistere het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAT0hguSMq4XXnLFvc4JodnvvKFY0b9ako3ZiqCbNFc0zqZQWGcF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 10 Golf Street L'Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.82672297218 20.009090388899

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang