Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anker & Aalwyn

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 19 Feb 2025 tot 18 Mrt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Anker & Aalwyn is in L'Agulhas geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié sonkrag-aangedrewe verblyf beskik oor 2 woonstelle wat in 'n 3-verdiepinghuis geleë is en spog met pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan en die bekende vuurtoring.

Die eerste eenheid is op die grondvloer geleë en het slaapplek vir 3 gaste. Dit beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed sowel as 'n enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die eenheid het 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, konveksieplaat, lugbraaier en yskas, ideaal vir verhit-en-eet etes, asook koffie- en teemaakgeriewe. Dit het 'n onderdakstoep met lieflike braaigeriewe en 'n tafeltjie met 2 stoele. Parkeerplek vir hierdie eenheid is op die grasperk voor die eenheid.

Die tweede woonstel is op die derde verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste op 'n slag. Elke kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamers beskik oor oorgenoeg kasspasie. Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en 'n slaapbank, en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n tweeplaatstoof, lugbraaier, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die sitkamer loop uit op 'n onderdakbalkon met pragtige uitsigte oor die see. Dié woonstel beskik ook oor 'n binnebraai. Hierdie eenheid word van agter die huis via 'n hysbak bereik.

Anker en Aalwyn word onafhanklik verhuur.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Andre Krige V
Saam met vriende
5.0
Pragtige uitsig, netjiese fasiliteite en baie aangename ondervinding. Fantastiese ondervinding en baie vriendelike diens.
Jan 2025
Marieta V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik rustig en stil. Sal plek aanbeveel vir enige persoon. Alles is daar wat mens nodig het. Skoon en netjies. Binne braai so jy kan enige tyd ...
Sien meer
Sep 2024
Meaghan D
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf en vriendelik ontvangs. Dit is my tweede keer by Finistere en dit bly 'n aangename ervaring. Rustig, skoon, behulpsame gasvrou en v...
Sien meer
Feb 2024
Gerrit H
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Die uitsig is fantasties en daar is alles wat mens benodig. Die eienaars is vriendelik en hulpvaardig. Die uitleg van d...
Sien meer
Jan 2024
Helene H
Saam met lewensmaat
4.6
Rustig en mooi uitsig. Goed ingerig en smaakvol. Alles wat jy nodig het vir 'n kort verblyf. Werknemer van eienaars moet net asb. gaste se privaatheid...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Roda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Anker & Aalwyn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R 1 000 R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 000
R 1 000 R 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAT0hguSMq4XXnLFvc4JodnvvKFY0b9ako3ZiqCbNFc0zqZQWGcF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R800 per nag (plek vir 3) 43 5 1 5 10 Golf Street L'Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.82672297218 20.009090388899

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang