Finistere
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Finistere is in L'Agulhas en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede.
Dié eiendom met sonkrag bied verblyf in 2 woonstelle in 'n trippelverdiepinghuis en spog met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan en die bekende vuurtoring.
Die eerste eenheid is op die grondverdieping en het slaapplek vir 3 persone. Dit het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwart bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, n bad, n toilet en 'n wasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolf, konveksie plaat, 'n "Air fryer", buite braai, 'n yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Parkeerplek is op die grasperk voor die woonstel.
Die tweede woonstel is op die derde verdieping, het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers.
Elke kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers bied oorgenoeg kasruimte. Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en 'n slaapbank, en die kombuis is volledig toegerus met 'n tweeplaatgasstoof, "Air Fryer", yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met 'n pragtige uitsig oor die see. Die woonstel het ook 'n binnebraa.i. Die eenheid word bereik deur 'n hysbak.
Die 2 eenhede word apart verhuur.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Roda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Gaste dink Finistere het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang