Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fisherman's Post

Selfsorg

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Helane S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jun 2023

Heerlike familie naweek by Fisherman's Post. Ons het heerlik gebly en Corrie was baie vriendelik en behulpsaam. Die huis is ruim en goed ingerig en die mini-tennisbaan verskaf baie lekker ontspanning. Dis 'n katspoegie van die strand en mens kan nog met jou honde stap sonder leibande ─ hulle het dit baie geniet. As ek dalk net 'n klein aanbeveling/versoek kan maak: in lig van die redelike groot skoonmaakfooi sou mens dalk net verwag dat daar darem meer as 1 1/2 toiletrolletjies sou wees in die 2 badkamers wat regstaan vir 10 mense, die vloeibare handsepies kan dalk ook net vervang/opgevul word en dit sou gaaf wees indien die eetgerei ens. dalk net meer univorm was ─ en ek weet dis nou net ietsie kleins, maar dit sou die kuier net meer luuks laat voel. Ek besef meeste vakansieplekke sit met borde en glase wat breek en messe en vurke wat voete kry wat vervang moet word, maar dis net ietsie wat my persoonlik gemakliker sou maak. Ek sou ook dalk voorstel dat daar meer komberse verskaf word vir die kouer tye ─ die duvets was heerlik warm, maar daar was net 'n kombers oor die bed in die hoofslaapkamer en dit sou die koulikes dalk ook net gemakliker laat voel. Verder is dit 'n pragtige plek en ons het baie lekker en gemaklik gekuier. Baie dankie ─ ons kom beslis weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Lurinda F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Mei 2024

Fantasties. Dit was fantasties! Enige familie met kinders se droomverblyf!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Gys V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2022

Waarde vir geld, alles wat jy nodig het om te kan ontspan. Lekker ruim leef- en kuierarea, gemaklike beddens en warm komberse vir daai winteroggende.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bernie C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2021

Fantasties. Ons en ons kinders en kleinkinders het vir die naweek in Oktober daar gekuier. Ons het dit so geniet, genoeg spasie sonder dat een onder die ander se voete is en alles wat jy nodig het. See lekker stapafstand, ons sal vir seker weer daar gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Colin P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2021

Great accommodation for a group of friends or large family. Friendly and prompt service received from our host, Corrie.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Chris
Fisherman's Post
Thank you for your kind review we hope to welcome you back soon !

Jacques K
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Aug 2020

Baie netjies en 'n baie lekker leefhuis. Gasvrye ontvangs en yskaste en geyser was reeds aangesit voor die tyd. Die huis is 1 blok weg van die see en uit die wind.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2020

Ons het niks nodig gehad nie. Huis weg van die huis af. Ons het staan waaiers gemis. Sou baie gemakliker gewees het met dak waaiers of staan waaiers tot ons beskikking. Dis baie warm in die aande en die muskiete het in elke kamer gepla. Maar andersins wonderlike plekkie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Phillip J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2020

Ons het die verblyf en die geriewe waardeer en geniet. Daar is als wat jy benodig vir jou verblyf by die huisie. Die kamers is ruim en keurig gemeubileer en versier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mariana R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2019

Absoluut tydlose ontspanning vir oud en jonk. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Baie netjies en baie spasie, stapafstand van die strand af. Die gasheer is baie vriendelik en gaaf. Almal moet Fisherman's Post in gedagte hou vir die perfekte wegbreek. Ek bespreek al die afgelope 15 jaar verblyf in Gouritzmond, The Fisherman's Post was die beste akkommodasie waarin ek nog ooit gebly het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Chris
Fisherman's Post
Thank you Marianne, for this amazing review. We look forward to welcoming you back anytime.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Chris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 550
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 550
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kerkstraat 2, Gourits, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a66ab23e8f9b27c20a4563c28c70d76f83bdeea39ecec33fb1f3d3c0dd6b38d4af2af6157a914a007c5a316f50bb6b3c22d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag, vir 8 mense 9 5 1 5 2 Kerk Street Gouritz 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-18:00 11:00 -34.353694625458 21.880486179212

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang