Fiësta Fraai Uitsig
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Almossingel 17, Fraai Uitsig, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 620 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Fiësta Fraai Uitsig is 'n bekoorlike huis in Mosselbaai wat ruim en gerieflike selfsorgverblyf naby die strand bied. Die huis is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat vakansieverblyf soek.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié gaste deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Daar is ook 'n enkelslaapbank vir 1 gas in die leefarea. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 2 oonde, 'n gasstoof, elektriese stoof, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n TV met sekere DStv-kanale en gemaklike rusbanke. Dit lei na 'n onderdakstoep met sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.
Veilige onderdakparkeerplek en 'n onderdakbraai-area is beskikbaar. Die huis is naby 'n Pick n Pay, 'n apteek en verskeie restaurante geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Ligging
- Almossingel 17, Fraai Uitsig, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Fraai Uitsig Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Almossingel 17, Fraai Uitsig, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang