Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Flamink Beach View Cottage

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeduikerstraat 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Flamink Beach View Cottage is 'n selfsorg visserskothuis met 'n asemrowende see-uitsig in die bekoorlike dorpie Paternoster.

Dié huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het of 'n bad en stort of net 'n stort.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, gasstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, lugbraaier, eetgerei, breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland in die kombuis met 4 stoele en die sitarea het 'n rusbank met 2 stoele.

Ander geriewe sluit 'n TV, 'n losstaande kaggel in sitkamer, braai-area met sitplek, asook 2 parkeerplekke op die perseel, voor die kothuis.

Die huis is 60 m vanaf die strand en spog met 'n lieflike uitsig oor die baai vanaf die stoep. Gaste kan die restaurante en winkels in die omgewing besoek of op die strand gaan stap.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Andrea F
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, gemaklik en naby alles. Awesome plek met fantastiese ligging. Voel of jy in jou eie plek is. Baie netjies en alles wat jy nodig het. Die ei...
Sien meer
Nov 2024
Ursula F
Saam met vriende
5.0
We had a wonderful stay. The house is very clean and well equipped.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Lauren G
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend! Die verblyf was wonderlik gewees. Sal enige tyd weer bespreek! Dankie vir die wonderlike diens!
Okt 2023
Shani R
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Baie lekker, gesellig en mooi! Rus vir die siel.
Jul 2023
Peter D
5.0
Wonderful, amazing. Ons kuier uit Australia en was nog nooit op Paternoster maar ons kom volgende jaar beslis weer Paternoster toe, die keer soek ons ...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Cecillie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Seeduikerstraat 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Flamink Beach View Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 3 250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeduikerstraat 15, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd019ee7604c07727bf9418fb6c1387869b84c3ea971ac96ef69b4c9c869e41194f87c4e181201bd251de85f697dc898c6d17?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 15 Seeduiker Road Die Kom 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.8090221302 17.890286204349

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang