Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Flip Flops

Selfsorg

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.0
Karien D
Kort verblyf Saam met vriende
3.6
Apr 2024

Onaangenaam. 1. Die oond was baie vuil en vol oliespatte. Die oondpan was ook vuil. 2. Die hoofslaapkamer het 'n onaangename reuk gehad. 3. Die buitedrein (sigdrein) by die hoofslaapkamer het gestink. 4. Aanvanklik het ons gedink dit is die oorsaak van die reuk in die kamer, maar na 2 aande se slaap het ons agtergekom dat dit die matras was. Ons kon nie die vensters saans oopmaak nie vanweë die stank van die drein. 5. Die eetgerei, bakke en borde was vuil. Ek moes alles eers was voor ons dit kon gebruik. Baie teleurgesteld. Een stort vir 5 gaste is te min, en daar kan eintlik baie meer mense slaap. Die buitestort was so vuil en vol blare dat dit nie eens kon gebruik word nie. Die huis het genoeg eetgerei en geriewe met 'n lekker braaivertrek en eettafel, maar die onaangename reuke en vuil eetgerei het 'n demper op die hele trip geplaas. Ons het slegs 4 nagte van die 5 waarvoor ons betaal het, geslaap. Die prys per nag is heeltemal te veel in vergelyking met al die ander plekke. Ek sal dit op die stadium vir niemand aanbeveel nie.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Willem D
Kort verblyf Saam met vriende
3.8
Sep 2022

Ons het lekker gebly en gekuier. Badkamers en huis was skoon. Die beddens het lekker geslaap.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Jeanne
Flip Flops
Goeiedag Willem Baie, baie dankie vir die mooi boodskap. Dis lekker om gaste soos julle te ontvang. Groete Esna Southern Staying.

Bessie D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2020

Fantastic Fantastic Fantastic!!!! The house is beautiful, clean and has everything you need for a weekend or long holiday stay!! Will def be visiting again!!!.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ankea K
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Apr 2019

Lekker rustig. Ons het baie lekker by Flip Flops gewoon. Die enigste probleem is die badkamervenster wat geen gordyn of blinding het nie. As 'n persoon in die aand stort met die lig aan, kan mense jou deur die venster sien, selfs as jy aantrek of uittrek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Paul D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2019

Was pragtige verblyf by Flip Flops. Dit het alles wat jy nodig het en kinders het dit geniet. Kan nie wag vir my volgende verblyf by Flip Flops nie. Dit was baie rustig en die kinders het 'n goeie tyd gehad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zane A
Lang verblyf
4.8
Jan 2019

Prakties en goed toegerus. Baie praktiese eenheid en ligging is goed en net loopafstand van die see en lekker getypoel. Dit is naby staproetes en net 'n paar kilometer van Struisbaai se strande en hawe af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elma N
Kort verblyf Saam met vriende
3.2
Mrt 2019

Gerieflik en netjies. Alles was baie netjies en skoon. Sou graag 'n skottelgoed wasmasjien as toevoeging wou hê. Al is dit moontlik, word dit nie toegelaat dat motor agter huis geparkeer mag word nie. Dus motor voor in straat. Daar is geen diefwering voor vensters of deure nie, dus moet vensters bot toe wees in somer as jy uit is of snags. M.a.w. geen koel lug van buite. 'n Waaier of twee sou ook baie help vir hitte.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Jeanne Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 43

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R2 630
per nag (plek vir 7)
Vanaf
R2 630
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ba61961690b8c9d2225dd5884ec02dd0e26afb914f6f240fae0629a7dd003edd0819437f2638016af7ee8efa1e9431137ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 630 per nag (plek vir 7) 7 5 1 5 7 Wessel Street Agulhas 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.821322 20.024917

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang