Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fluistering

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ecklonia-straat 8, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 250 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Fluistering is 'n luukse strandfronthuis in St. Helenabaai met direkte toegang tot die strand en skeepshelling. Die gesinsvriendelike huis is perfek vir 'n wegbreek en spog met 'n omsetter wat ononderbroke kragtoevoer tydens kragonderbrekings verseker.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed en 2 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n etenstafel met stoele. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na die eetarea en die sitarea waar daar gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n binnebraai is. Daar is ook 'n kuierkamer met 'n pooltafel en 'n veerpyltjiebord.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

2 x Kinderbed vir 1

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ayesha M
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely amazing! Absolutely loved our stay! Sam is an amazing host, we felt extremely welcomed. It is so nice and so tranquil. We ha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Craig B
Saam met vriende
5.0
Amazing. The stay was amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Nikki P
5.0
Fantasiese familie kuierplek. Ons was 'n groot groep familie van ouma en oupa tot klein kinders en hondjies, en het die plek perfek gevind vir elke ou...
Sien meer
Okt 2024
Stander T
Saam met vriende
5.0
Prentjiemooi. Baie mooi op die see, lang strand om op te stap, dolfyne swem gereeld om die draai verby.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Samantha Geverifieer

Eiendomme 18

Resensies 59

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Ecklonia-straat 8, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fluistering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 250
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 3 250
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ecklonia-straat 8, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA09685649312c6d0248fe1be0bae418454153815f358113557110fe593e539220cd7cde8a93a680f7029ee7ebbcb79077936d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 12) 5 5 1 5 8 Ecklonia Street St Helena Bay 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.719309318928 17.939009408073

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang