Fonteinhuisie
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Old Wolseley-weg, Waterval, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Vanaf R1 280 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Fonteinhuisie is op die oewer van die Watervalsrivier geleë en is 'n knus selfsorg-vakansiekothuis net buite Tulbagh. Hierdie kothuis is 'n wonderlike opsie vir 'n rustige wegbreek om die stadsgewoel te ontsnap.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamers het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek.
Buite is 'n sonnige stoep met sitplek en 'n ingeboude braai waar gaste die uitsig kan bewonder. Fonteinhuisie is sowat 8 km vanaf Tulbagh en 4 km vanaf die R46 op die Tulbaghwegpad geleë. Hierdie verblyf spog met 'n 360 grade-uitsig op die berge, oor die beroemde waterval en die pragtige natuurskoon. Hierdie selfsorgkothuis het sonpanele wat die nodige elektrisiteit voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Old Wolseley-weg, Waterval, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Old Wolseley-weg, Waterval, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang