Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Forest Hills Taaibos Cottage

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rheenendal-weg, Forest Hills, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 350 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Forest Hills Taaibos Cottage is in Knysna en dis die ideale plek vir paartjies, gesinne en natuurliefhebbers wat wil ontspan. Die selfsorgverblyf is in 'n privaat, inheemse tuin en die grasperk lei na 'n natuurlike woud.

Taaibos-kothuis is 'n historiese grasdakrondawel wat uit 3 rondawels bestaan. Die kothuis is privaat en gerieflik en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n bad en stort.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis wat met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die groot dek het braaigeriewe en 'n uitsig oor die inheemse woud en op die Outenikwaberge in die verte.

Daar is 'n swembad met 'n glyplank en 'n trampolien op die perseel. Paadjies lei vanaf die tuin na 'n kort sirkelroete om die eiendom, deur die woud en fynbos en verby 'n dam en 'n groot uitkykdek aan die rant van die woud. Gelukkige gaste mag dalk bosbokke, wildevarke, rooikatte, apies en bobbejane sien wat Forest Hills van tyd tot tyd besoek. Die Knysnaloerie word soms raakgesien soos hy verby die rant van die woud verbyvlieg en die visarend roep ook gereeld. Forest Hills is 'n voëlkykersparadys.

Die verblyf is 16 km vanaf Knysna en 20 km vanaf Buffelsbaai. Daar is verskeie dagvoetslaanroetes, bergfietsroetes en piekniekplekke langs die rivier in die woud. Buffelsbaai het 'n lekker swemstrand en 'n ongerepte kuslyn.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 19 resensies vir Forest Hills Taaibos Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Caron Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 20

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Rheenendal-weg, Forest Hills, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Forest Hills Taaibos Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 350
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R2 350
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rheenendal-weg, Forest Hills, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9bdd2223cb636c3f58ab19df207f417b2f4f3ce7d5da9c6baa4ca3987fe601b94aa4bd0103b40f3ad003c3a144e5cf661cf7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag, vir 5 mense 19 5 1 5 Rheenendal Road Forest Hills 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.981186655865 22.968691850071

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang