Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Forest Valley Cottages

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rheenendalpad, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Forest Valley Cottages bied 4-ster selfsorgverblyf en is in Knysna in die Wes-Kaap in die Rheenendal-area geleë. Dié area is veral bekend vir prentjiemooi roetes. bergfietsry, voetslaanroetes, branderplankry en ikoniese besienswaardighede wat die Tuinroete, Buffelsbaai, veerbote en wêreldklas voetslaan- en bergfietsroetes insluit. Die verblyf is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wittebrood of diegene wat uit die stad wil ontsnap. 'n Kragopwekker word gedurende die spits-beurtkragtye aangeskakel wat van 16:00 tot 22:00 in die winter en 18:00 tot 22:00 in die somer is.

Verblyf word in 8 eenhede gebied wat elk slaapplek het vir 2 tot 4 gaste. Die luukse boomtopeenhede is Wild Iris, Glory Dawn en Sandstone. Hierdie eenhede het elkeen 'n spa-bad en 'n pragtige uitsig oor die diep woudvalleie en berge rondom Knysna. Earth Rose en Blue-Sky is deluxe-kothuise met groot Jacuzzi-baddens en pragtige uitsigte vanuit groot glasvensters en vanaf die dekke. Blue Sky Ultimate het 'n groot, verhitte Jacuzzi en 'n 3 m-hangmat/ontspanningsnet wat lekker hoog hang sodat gaste die pragtige uitsig kan geniet. Lavender Edge het 'n groot Jacuzzi geskik vir 4 gaste op die dek. Luxurious Birdsong en Gorgeous Olive het elkeen 'n Jacuzzi, 'n mooi uitsig en Weber-gasbraaigeriewe. Gratis WiFi is by die ontvangsarea beskikbaar.

Gaste kan in die woud voetslaan, voëlkyk, bergfietsry, fietsry of die veerbote in Knysna verken en die lieflike Knysna-restaurante en -markies in die omgewing op die proef stel. Met aankoms sal gaste 'n kaart en kort geskiedenisles oor die area ontvang. Dit sluit inligting in rakende wat om te doen, waar om te gaan en waar die spoedlokvalle is. Gaste sal ook inligting ontvang rakende die gin-kroeë en wat die plaaslike inwoners graag doen. Daar is 'n inligtingsbord by ontvangs met pamflette wat gaste na hul kothuis mag neem. Dit het inligting oor aktiwiteite en sal gaste help om die mees genotvolle vakansie moontlik te beplan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 146 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Johanna Cornelia K
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gerus en sal beslis weer gaan. Die natuurskoon is fantasties! Mal oor die jacuzzi en die kaggel binne die huisie. Baie lekker gekuier en is bai...
Sien meer
Aug 2024
Sarlene S
Saam met lewensmaat
5.0
Best way to bond with spouse. Peaceful, beautiful view. Private.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Albert V
Saam met lewensmaat
5.0
Beste vakansie ooit. Perfect honeymoon. Fantastiese plekkie, ligging en atmosfeer en uitkyk.
Apr 2024
Marliese B
Saam met lewensmaat
5.0
A magical stay. The most magical stay in a long time. Quiet forests. Romantic. Awesome vistas. Excellent service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Shandre B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik rustig en luuks. Pragtige huisies, alles wat jy nodig het is daar en dis naby Knysna en die park (Dalene Matthee gedenksteen, groot boom en st...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mark Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 147

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Rheenendalpad, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Forest Valley Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rheenendalpad, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53731727aa149e56b7d771f4e55eb903bd4160b64e68a3bbbae07fd28f3ca267bb9f6356ad7d561f9e5b09d02fb090bc2fc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 2) 146 5 1 5 Rheenendal Road Knysna 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -33.988524671857 22.98569164418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang