Forest View Cabins
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 29 Sep 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Meyersrus-weg, AB23O, Tzaneen, 0850, Limpopo
-
Vanaf
R900R720 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Forest View Cabins is 14 km buite die tropiese dorp Tzaneen geleë, en word omring deur die majestueuse Wolkberge en woudplantasies. Dié selfsorgverblyf is knus, elegant en spog met prentjiemooi uitsigte.
Berblyf word in 5 stylvol versierde houthuise wat volledig is vir selfsorg toegerus is, gebied. Daar is 3 houthuise met 2 slaapkamers en ’n groot dubbelslaapbank in die sitarea, wat gemaklik slaapplek aan 6 gaste bied. Die ander 2 houthuise is oopplan en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Elke houthuis het ’n kaggel binne en 'n
onderdakdek vanwaar asemrowende uitsigte geniet kan word. Die houthuise is verhewe bo die grond en kinders moet dus dopgehou word.
Elke houthuisie het 'n rustieke plonspoel by die piekniek- en speelarea waartoe alle gaste toegang het.
Forest View Cabins het elektriese heinings en geslotekringtelevisie vir gaste om werklik te ontspan sonder om oor hulle veiligheid te bekommer.
Forest View Cabins is ideaal geleë vir gaste om die omliggende areas te verken wat tientalle diverse dinge bied om te sien en doen. Almal moet soms wegbreek van die gejaag van die alledaagse lewe en Forest View Cabins is die ideale keuse met geen verkeer, geen TV en geen onderbrekings nie.
Let asb. daarop dat Forest View Cabins in 'n beboste area is en dat die bosbou-aktiwiteit op naburige plase moontlik steurend kan wees tydens werkure. Let ook op dat die enigste toegangsroete na Forest View Cabins via die 3,5 km lange grondpad is, wat na die akkommodasie lei. Die pad is gewoonlik in 'n goeie toestand en rybaar met 'n gewone sedan, maar in sekere dele moet stadig gery word.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Tracy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 95
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Meyersrus-weg, AB23O, Tzaneen, 0850, Limpopo
- Gaste dink Forest View Cabins het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in George's Vallei Tzaneen Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Meyersrus-weg, AB23O, Tzaneen, 0850, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang