Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Forest View Cabins

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 29 Sep 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meyersrus-weg, AB23O, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Vanaf R900 R720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Forest View Cabins is 14 km buite die tropiese dorp Tzaneen geleë, en word omring deur die majestueuse Wolkberge en woudplantasies. Dié selfsorgverblyf is knus, elegant en spog met prentjiemooi uitsigte.

Berblyf word in 5 stylvol versierde houthuise wat volledig is vir selfsorg toegerus is, gebied. Daar is 3 houthuise met 2 slaapkamers en ’n groot dubbelslaapbank in die sitarea, wat gemaklik slaapplek aan 6 gaste bied. Die ander 2 houthuise is oopplan en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Elke houthuis het ’n kaggel binne en 'n
onderdakdek vanwaar asemrowende uitsigte geniet kan word. Die houthuise is verhewe bo die grond en kinders moet dus dopgehou word.

Elke houthuisie het 'n rustieke plonspoel by die piekniek- en speelarea waartoe alle gaste toegang het.

Forest View Cabins het elektriese heinings en geslotekringtelevisie vir gaste om werklik te ontspan sonder om oor hulle veiligheid te bekommer.

Forest View Cabins is ideaal geleë vir gaste om die omliggende areas te verken wat tientalle diverse dinge bied om te sien en doen. Almal moet soms wegbreek van die gejaag van die alledaagse lewe en Forest View Cabins is die ideale keuse met geen verkeer, geen TV en geen onderbrekings nie.

Let asb. daarop dat Forest View Cabins in 'n beboste area is en dat die bosbou-aktiwiteit op naburige plase moontlik steurend kan wees tydens werkure. Let ook op dat die enigste toegangsroete na Forest View Cabins via die 3,5 km lange grondpad is, wat na die akkommodasie lei. Die pad is gewoonlik in 'n goeie toestand en rybaar met 'n gewone sedan, maar in sekere dele moet stadig gery word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 95 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
David B
5.0
Wonderful stay. View is breathtaking. The place is incredibly beautiful and I would recommend it to anyone. Everything was exactly as a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Zonnie L
Gesin met tieners
5.0
Netjies en baie rustig. Forest View Cabins was baie netjies met alles wat ons nodig gehad het. Baie rustige omgewing en elke eenheid is baie privaat. ...
Sien meer
Jul 2024
Annemie C
Gesin met tieners
5.0
Pragtig en heerlik. Dit was heerlik en die bestuur gaan uit hul pad om die verblyf gerieflik te maak.
Jul 2024
Leonie V
Gesin met tieners
5.0
Kom terug na die natuur. Baie lekker gebly was net te kort daar - beplan klaar nog 'n trip soontoe. Selfs my kinders het dit geniet en dit sonder 'n T...
Sien meer
Jun 2024
Ronelle V
5.0
Skoonheid van die natuur slaan mens se asem weg! Besonderse en spesiale ervaring. Die skoonheid van die natuur slaan mens se asem weg. Die uitsigte is...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tracy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 95

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Meyersrus-weg, AB23O, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Gaste dink Forest View Cabins het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meyersrus-weg, AB23O, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA43631b39b40bead5bd411094c49df770d69fdaadf99d81bd1e02ed323af032f68cc1483dcce0679ccadd9ac5beba52537f4a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R720 per nag, vir 2 mense 95 5 1 5 Meyersrus Road AB23O 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -23.922534903585 30.090616441803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang