Forest View Lodge
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 52 Addison Straat, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 030 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Forest View Lodge is in Eshowe geleë en bied gerieflike verblyf in 'n unieke en ruim gastehuis, ideaal vir diegene wat die historiese besienswaardighede soos die Zululand Museum, Fort Nongqayi en Dlinza-woud wil besoek.
Die gastehuis bied 'n ontspanne atmosfeer in nie-rook, en suite-kamer, wat uitsigte oor die inheemse Dlinza-woud bied. Dié woud is die tuiste van 132 boomspesies en meer as 65 voëlspesies. Die Dlinza-woud het bekendheid verwerf vir sy boomtop-plankpaadjie, wat sowat 3 km van die gastehuis geleë is.
Jy is welkom om te ontspan in ons reuse tuin. Daar is veilige onderdak-parkeerplek agter veiligheidshekke en die eiendom is heeltemal omhein vir jou gemoedsrus. 'n Kontinentale of Engelse ontbyt word bedien en sluit tuisgemaakte brood en konfyt, vrugte, slaaie en jogurt in. Aandete kan op versoek gereël word.
Eshowe bied jou die keuse van 4 á la carte-restaurante sowel as 'n verskeidenheid wegneemetes. Die naaste swemstrand is sowat 30 km van ons af geleë. Wildreservate, Zoeloe kulturele toere, voëlkyk en visvang is slegs van die doendinge waaraan jy kan deelneem in die omliggende omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Danie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 52 Addison Straat, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Forest View Lodge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 52 Addison Straat, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal