Foreva Wild
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisantstraat erf 50, Welgevonden JR124, Dinokeng Wildreservaat, 0407, Gauteng
- Vanaf R2 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Foreva Wild is in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat in Gauteng geleë. Dis net buite Pretoria en net 75 minute se ry van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg af. Ons bied 'n luukse vakansie-ervaring in die hartjie van die natuur.
Verblyf word aangebied in 4 superieure eenhede wat elk 2 driekwartbeddens of 'n koninggrootte-bed, asook 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en/of 'n bad het. Elke kamer het 'n patio met oprol-skadunette. Foreva Wild het ook 'n kothuis met 2 skakelkamers wat slaapplek bied vir 4 gaste en 2 kinders onder 9 jaar op versoek. Elkeen van die kothuis se kamers het 2 driekwartbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Al die kamers bied tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, satelliet-TV en WiFi.
Gaste is meer as welkom om by die swembad te ontspan. Geniet 'n skemerkelkie by die boma-vuurput of gaan op jou eie wildrit om die wild en voëllewe te aanskou. Braai- en piekniekmandjies is ook op versoek beskikbaar. Gaste moet hul eie drankies saambring en maaltye word nie voorsien nie. Selfsorggeriewe kan net voorsien word as dit direk versoek word. Daar is 'n aantal goeie restaurante in die omtrek.
Daar is verskeie doendinge op die perseel, soos begeleide boswandelinge en -wildritte met gekwalifiseerde gidse, mikrovliegtuig-safari's, kleiteikenskiet, boogskiet of vierwielmotorfietsry, spa-behandelings en fietsry.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Jazz Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 63
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Fisantstraat erf 50, Welgevonden JR124, Dinokeng Wildreservaat, 0407, Gauteng
- Gaste dink Foreva Wild het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisantstraat erf 50, Welgevonden JR124, Dinokeng Wildreservaat, 0407, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang