Forever & Always Studio Apartment
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dennegeurlaan 13, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Forever & Always Studio Apartment bied gerieflike, gehalte-oornagverblyf in George. Hierdie eenheid vorm deel van die eienaar se hoofhuis, maar het 'n aparte ingang.
Die ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed wat kan uittrek en 'n matras geskik vir 'n kind. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is ook 'n klein platskerm-TV met eksklusiewe DStv-kanale. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Die kombuistoonbank dien ook as 'n ontbytarea met kombuistoerusting. Die leefarea het lugversorging, 'n gemaklike rusbank en gratis WiFi is beskikbaar. Buite is 'n klein stoep met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Daar word van sonkrag gebruik gemaak sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
ELMARIE Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Dennegeurlaan 13, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Forever & Always Studio Apartment het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dennegeurlaan 13, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap