Fort D' Acre Reserve
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visriviermond, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Vanaf R3 400 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Fort D'Acre Reserve is 'n eksklusiewe en privaat wildreservaat by die Groot-Visriviermonding, sowat 25 km van Port Alfred af. Die unieke ligging, met 'n uitsig oor die bos en kuslyn, nooi besoekers uit om die kontrasterende natuurskoon van grasveldbosveld, 'n wilde kuslyn en rivierwoud te verken. Wildritte in die reservaat gee gaste die kans om 19 verskillende wildspesies te sien, insluitend Kaapse buffels en kameelperde.
Die stylvolle safari-lodge met sy grasdak is elegant gemeubileer en beskik oor 4 en suite-slaapkamers wat elk slaapplek aan 2 gaste bied.
Gaste kan in die gemeenskalplike swembad afkoel of in die pragtige, inheemse tuin met sy koraalbome ontspan. Die eetarea spog met 'n houtvuurkaggel en 'n gesellige atmosfeer waar gaste saans vir ete kan aansit.
Onder op die strand is daar 'n lapa waar gaste op die sonstoele kan ontspan of lekker kan braai terwyl hulle die walvisse en dolfyne in water dophou.
Fort D'Acre Reserve spog ook met 'n trou-venue wat voorsiening vir 200 gaste in 'n opgeknapte skuur met 'n rustieke plaasgevoel kan maak.
Die klimaat is subtropies, met 'n gemiddelde wintertemperatuur van tot 21ºC en 'n gemiddelde somertemperatuur van tot 28 ºC, met wind wat gereeld tussen suidwes en suidoos wissel. Die Oos-Kaap is 'n malaria-vrye gebied, maar mediese hulp is egter net 'n telefoonoproep ver.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildritte
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Visriviermond, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Fort D' Acre Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gibraltar Rock Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Visriviermond, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang