Fossil Hills Aloe Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwagten-weg, Thornvilla-plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Fossil Hills Aloe Cottage is op Thornvilla-plaas in die Breedevallei tussen Robertson en McGregor geleë. Dié wynplaas vorm deel van die McGregor Winery en lewer ook jaarliks druiwe, pruime, appelkose en verskeie groente. Die naam "Fossil Hills" kom van die fossiele wat op die plaas gevind is en nog gevind word, wat na die era van die vis 355 miljoen jaar gelede terugdateer.
Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofhuis het slaapplek vir 4 gaste en die anneks het slaapplek vir 2 gaste. Die eerste slaapkamer in die hoofhuis het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die ander slaapkamer in die anneks het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea met lugversorging, 'n TV met DStv en 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oondjie en 'n mikrogolfoond toegerus. Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n braai en 'n KolKol-houtvuurwarmbad. Vuurmaakhout en gratis WiFi word voorsien.
Daar is ook 2 bergfietse, 'n kajak en visstokke vir gaste om te gebruik. Die area spog met talle aktiwiteite en dinge om te sien, soos vrugteboorde, olyfboorde, wingerde, stap- en voetslaanroetes, bergfietsry, 4x4-roetes en voëlkyk in die Vrolijkheid Natuurreservaat. Die eienaars bied wynwandelings waaroor gaste gerus navraag kan doen. Gaste kan ook die pottebakkery-ateljee, kunsgalerye en strooikleihuis besoek, of 'n ete by die plaaslike koffiewinkels, restaurante of kroeë geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Elektriese kombers
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 70
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Langverwagten-weg, Thornvilla-plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwagten-weg, Thornvilla-plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang