Fossil Hills Farm Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thornvilla-plaas, 3 km vanaf McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Fossil Hills Farm Cottages is op die Thornvilla-plaas in die Breedevallei tussen Robertson en McGregor. Dié wynplaas is deel van die McGregor Wynkelder - druiwe, pruime, appelkose en verskeie groente word jaarliks hier geoes. Fossil Hills se naam is van die fossiele wat op die plaas gevind is afkomstig en dit dateer terug tot 355 miljoen jaar gelede.
Die kothuis is teen 'n heuwel met uitsigte oor die plaas en vallei. Dit is van klip gebou en het 'n grasdak. Die kothuis met lugversorging bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 kinderbeddens. Die badkamer het 'n bad en stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolf toegerus. Buite is daar 'n stoep met sitplek, 'n braai en KolKol-houtvuurwarmbad. Gaste het toegang tot 2 bergfietse.
Die area bied verskeie aktiwiteite, soos vrugte- en olyfboorde, wingerde, voetslaanpaaie, bergfietsry, 4x4-roetes en voëlkyk in Vrolijkheid Natuurreservaat. Die eienaars bied wynwandelings aan en gaste is welkom om navraag te doen. Daar is ook 'n pottebakkery, galerye, strooihuis, plaaslike koffiewinkels, restaurante en kroeë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 68
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Thornvilla-plaas, 3 km vanaf McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Gaste dink Fossil Hills Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thornvilla-plaas, 3 km vanaf McGregor, 6708, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang