Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fossil Hills Pinotage House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 200 per nag (plek vir 16)

Beskrywing

Fossil Hills Pinotage House is op die Thornvilla-plaas in die Breedevallei tussen Robertson en McGregor. Dié wynplaas is deel van die McGregor Wynkelder - druiwe, pruime, appelkose en verskeie groente word jaarliks hier geoes. Fossil Hills se naam is van die fossiele wat op die plaas gevind is afkomstig en dit dateer terug tot 355 miljoen jaar gelede.

Die Pinotage House beskik oor 'n hoofhuis met slaapplek vir 10 gaste en 'n anneks wat slaapplek aan 6 gaste bied. Die eerste en tweede slaapkamers in die hoofhuis het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is nog 'n dubbelbed in die derde slaapkamer. Die vierde en vyfde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie 3 slaapkamers deel 2 badkamers met storte. Die anneks se eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die twede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n stort in die en suite-badkamer. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n eetarea en 'n sitarea met 'n kaggel en 'n ingeboude braai. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Buite is daar 'n stoep met sitplek, 'n braai en KolKol-houtvuurwarmbad. Gaste het toegang tot 2 bergfietse.

Die area bied verskeie aktiwiteite, soos vrugte- en olyfboorde, wingerde, voetslaanpaaie, bergfietsry, 4x4-roetes en voëlkyk in Vrolijkheid Natuurreservaat. Die eienaars bied wynwandelings aan en gaste is welkom om navraag te doen. Daar is ook 'n pottebakkery, galerye, strooihuis, plaaslike koffiewinkels, restaurante en kroeë.

Kamer-opset

Kapasiteit: 16 Aantal kamers: 8 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 7
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 8
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 6
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 7
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 67

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Wynlande Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag (plek vir 16)
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag (plek vir 16)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA86c32eaf6eb86a965014eb41d733ca204ad94ed18abf7574e3b3dc5412f2a698723296f8267863de404e6b1f14cbf885d7a6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 200 per nag (plek vir 16) Langverwagten Road Thornvilla Farm 6708 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.919117 19.840584

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang