Fossil Hills Tango Guest House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
- Vanaf R3 700 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Fossil Hills Tango Guest House is op Thornvilla Plaas in die Breedevallei tussen Robertson en McGregor geleë. Hierdie wynplaas vorm deel van McGregor Winery. Druiwe, pruime, appelkose en verskeie groente word elke jaar geoes en daar was selfs fossiele op die plaas gevind wat na 355 miljoen jaar gelede terugdateer.
Dié gastehuis beskik oor vyf slaapkamers en bied slaapplek aan 10 gaste. Die hoofhuis het twee slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort. Verder is daar 3 slaapkamers en 1 badkamer in die aparte woonstel. Elke slaapkamer het twee enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n eet- en sitarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is braaigeriewe en gaste kan in 'n houtvuurwarmbad ontspan. Hout word voorsien.
Die area spog met vrugteboorde, olyfboorde en wingerde, asook aktiwiteite soos stap- en voetslaanroetes, bergfietsry, 4x4-roetes, voëlkyk in die Vrolijkheid Natuurreservaat. Die eienaars bied wynwandelings aan en gaste is welkom om navraag te doen vir meer inligting. Gaste kan ook die pottebakkery-ateljee, kunsgalerye en cob-house, of 'n ete by die plaaslike koffiewinkels, restaurante of kroeë geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 68
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwagtenweg, Thornvilla Plaas, McGregor, 6708, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang