Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Four Seasons Selfsorg Gastehuis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Rochelle S
1 nag Besigheidsreis
5.0
Feb 2023

Mooi, netjies en skoon. Die plek is mooi ingerig, netjies en skoon. Die goed versorgde tuin is 'n lus vir die oog en die swembad en lugversorging in die kamer was welkom om af te koel na die dag se hitte. Ons het lekker gebly en sal beslis die plek aanbeveel en ook weer gebruik maak daarvan indien ons weer in Ceres is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacqueline C
1 nag Gesin met klein kinders
1.0
Apr 2023

Dis outyds, donker, vuil en grillerig. Glad nie goed instandgehou nie. Leë, vuil swembad, parkering is teen kamervenster. Die mense wat bo jou bly in die loft klink of hulle enige oomblik deur die dak gaan val. Dit was 'n nagmerrie! Tydens loadshedding was daar slegs een flou liggie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Pierre G
1 nag Saam met vriende
4.0
Feb 2022

Aangename, netjiese verblyf. Het laat opgedaag in Ceres. Personeel was vriendelik en behulpsaam.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Gerlan
Four Seasons Selfsorg Gastehuis
Beste Pierre, Ek is baie bly U het lekker gebly by ons. Ons sien uit om julle terug te verwelkom in die toekoms. Vriendelike Groete Gerlan

Anonieme gas
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.8
Apr 2022

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Bonita W
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2021

Dit was verskriklik lekker. Ons het dit baie geniet. Die swembad en grasperk was so 'n lekker atmosfeer. Ons het heerlik piekniek gehou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gerlan
Four Seasons Selfsorg Gastehuis
Best Mev Williams Ons is so bly dat U julle tyd by ons geniet het. Dit is altyd lekker om te hoor het dit geniet. Ek hoop om julle in die toekoms terug te verwelkom. Vriendelike groete, Gerlan

Deon V
1 nag
4.8
Apr 2021

Gemaklik, uniek, ruim, besonders. Ons was daar vir een aand as 'n groep van 8 en het dit baie geniet. Karla was ook baie hulpvaardig. Sal beslis weer daar wil bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda E
1 nag Gesin met tieners
3.4
Jul 2021

Al wat ons nodig het. Dit was 'n vinnige laaste-minuut bespreking en eienaar was baie behulpsaam om ons 4 in 3-persoon-eenheid te akkommodeer. Open mindset, I like that!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Robin V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2020

Best place to be in winter with the fire going. The guest house is lovely and we enjoyed our stay. Would just like to bring to their attention that few things in the house were not 100%. One spoon was missing and the DSTV power cable was in a terrible condition, one seat had terrible wear (kitchen table seat), the fridge did not seal properly. These small issues are only a concern when you leave because you don't want the establishment to think you caused them. Other than that we were happy.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erwin W
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Okt 2020

Goed toegerus, die buite area is pragtig met swembadjie wat 'n ontspannende atmosfeer skep. Sien sterre

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Kenneth K
1 nag Gesin met klein kinders
3.6
Jan 2020

Lekker gebraai en die tuin was baie mooi en netjies. Daar was niemand by die gastehuis self toe ons daar arriveer nie en ons moes die sleutels in die hoofstraat gaan optel, nadat ons gebel het om te hoor hoe om toegang tot die gastehuis te kry. Die tuin was baie netjies en ruim en braaigeriewe aangenaam. Die eenheid self het egter bietjie opdatering nodig, veral die kombuisarea, maar ons het ons aand daar geniet al was die braaitang stukkend.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Gerlan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 53

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 320
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 320
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staff-singel 2A, Ceres, 6830, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNmNTFiMGY1LTZhMzEtNDU1OC05NGM2LWFlMWM5NWViNzNhOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 320 per nag, vir 2 mense 51 5 1 5 2A Staff Street Ceres 6830 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.367259866639 19.304968714714

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang