Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fraaiuitsig Guest Farm

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Louréze M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2023

Wonderlike kuierplek met alles van die beste. Gasvryheid van die beste. Eienaars gaan uit hul pad om te help. Het selfs dit wat ons vergeet het gekoerier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Niel
Fraaiuitsig Guest Farm
Dankie Niekie vir jou pragtige resensie, julle is so welkom. Was so lekker om julle as familie te ontmoet. Julle is so hegte familie en ons het die passie opgemerk hoe elkeen se smaak en voorkeure voor die tyd bespreek is. Net jammer die vis wou nie byt nie. Dankie vir die opruim van die huis. Min mense los die opstal so netjies. Kom gerus weer kuier!

Massimo D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Very tranquil farm, far away from hustle and bustle. Very quiet and tranquil venue.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Niel
Fraaiuitsig Guest Farm
Thank you for staying with us.

Sj S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2023

Rustige plaasverblyf in 'n gemaklike huis met vele geriewe. 'n Groter TV-skerm is ongelukkig 'n moet in vandag se samelewing, veral in 'n land wat daar rugby gekyk word op naweke. Staproetes vanaf die huis met voetslaanaanduiding en kaart sal 'n welkome aktiwiteit wees by die huis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Niel
Fraaiuitsig Guest Farm
Nuwe TV is ingesit. ‘n Groot verbetering. Baie dankie daarvoor. Ons sal in die somer werk daarvan maak om die voetslaan tekens aan te bring.

Kristof A
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Sep 2024

Baie gerieflik en vriendelike gasteplaas. Los hande, een van die lekkerste plekke waar ek al gebly het. Daar is wel 'n stewige grondpad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Niel
Fraaiuitsig Guest Farm
Kristof, so bly julle het lekker gebly. Kom gerus weer.

Alexis S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2022

Lieflike stap op teen die berge. Lekker ou plaashuis met alles wat mens nodig het. Ons is geïnteresseerd in plante en voëls en die ongereptheid van die omgewing van die berge het die ervaring soveel meer bevredigend gemaak. En om so totaal weg te kom. Geen Vodacom nie! En die stilte is die grootste weelde.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Niel
Fraaiuitsig Guest Farm
Baie dankie vir die pragtige resensie. Ja ons is bevoorreg om hierdie pragtige stukkie goud met so baie te deel. Elkeen ervaar dit anders maar kom telkens terug. Fraaiuitsig groei op elke mens. Ons is baie bly julle het dit geniet. Ons sien uit na julle volgende kuier.

Mario F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2022

Plattelandse gasvryheid. Pragtige uitsigte oor die omliggende landskap. Mooi ou plaashuis en baie stylvol oorgedoen. Die tipe stilte en rustigheid vind mens by min plekke.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annatjie N
Kort verblyf
4.6
Des 2022

Rustig en net mooi alles wat jy nodig het of aan kan dink. Daar is meer as waaraan jy kan dink om jou verblyf baie lekker te maak. En ons het almal die pooltafel so geniet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janine L
Kort verblyf
5.0
Sep 2021

Fantastiese plaaswegbreek Ons was 'n groot groep van familie en vriende en ook nog 'n hond of twee wat saamgegaan het. Daar is baie slaapplek en alles is baie netjies en stylvol. Die tieners en jonger kinders het die pooltafel en die tafeltennis baie geniet en nooit eers by die TV-kyk uitgekom nie. Jy moet rondloop om sein te kry, maar dit het ons gepas. Bettie het kom skoonmaak elke dag wat 'n ekstra bonus vir ons was. Die skuur met die groot kombuis en eettafel was 'n wenner vir ons groep van 17 mense. Daar was absoluut niks wat ons gekort het nie en ons het selfs meer as 4 liter plaasmelk gekry asook beskuit en koffie. Ons het die berg gaan uitklim - baie steil, maar vir die fikses die klim werd en toe sommer in die diere se krip afgekoel. Die pad vanaf Vrede is baie sleg a.g.v groot slaggate en is so 35 km van grondpad waarvan seker 15 km sleg is. Jy moet verkieslik met 'n bakkie hier ry. Ons skoonseun het met 'n Polo gery wat 'n ekstra uur by sy rytyd gesit het. Daar is 'n ou boks-TV met klomp DVDs vir die kinders asook DStv. 'n Lekker plaasdam om in te kan swem in die somer sal hierdie bestemming perfek maak. Baie dankie vir julle gasvryheid Ina!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Niel
Fraaiuitsig Guest Farm
Janine, dankie vir die mooi resensie oor Fraaiuitsig. Ja ons is bevoorreg om Fraaiuitsig te deel met so baie mense. So baie mense het al gesê Fraaiuitsig het ñ rustigheid wat op jou groei, die natuur, mooi uitsig en die berg. So bly julle het dit geniet. Kom kuier sommer gou weer.

J D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2021

Beautiful farm, great place to stay with family and friends and great value for money. This is such beautiful farm, great place to stay with family and friends. It is exceptionally clean, it have great customer service and definitely great value for money. There is lot you can do: you can go for walks, go for bicycle rides, play pool. I would recommend this beautiful farm to everybody.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louise B
Lang verblyf
5.0
Jan 2020

Words cannot describe this beautiful farm. Relaxing, serenity, tranquil, very well equipped, beautifully decorated, cosy and comfortable. Highly recommended. Staff extremely attentive.Thank you Bessie and Martha as well as Betonog. Even had fresh farm milk delivered to us. Beautiful linen on all beds. Luxury in a slipper bath. The views magnificent. Sheep lambing. Young and old enjoyed and did not want to leave. Garden so well manicured. Whether it was raining or sun shining, we enjoyed every minute. Thank you to Ina Scholtz and family for opening up their home to us. We will definitely be going on a regular basis now. Best guest farm find ever. Wishing the Scholtz family a great and prosperous 2020.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Niel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R5 000
per nag, vir 22 mense
Vanaf
R5 000
per nag, vir 22 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fraaiuitsig Plaas, Vrede, 9835, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8b29e639639b457ec4528a4c4bae81f2d728666f5fb9ae162d2d8a63cd06fc8e838c9e914a50138718715026313c4b4bcd4b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag, vir 22 mense 12 5 1 5 Fraaiuitsig Farm Vrede 9835 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.407004492324 29.434773623943

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang