Fraaiuitsig Guest Farm
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fraaiuitsig Plaas, Vrede, 9835, Vrystaat
- Vanaf R5 000 per nag, vir 22 mense
Beskrywing
Fraaiuitsig Guest Farm is in die Oos-Vrystaat geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n groot gesin of groep vriende wat lief is vir die natuur.
Dié verblyf het 'n ruim huis en buite-eenhede wat slaapplek aan 22 gaste bied. Die hoofhuis het slaapplek vir 8 gaste en het 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens. Die twee rondawels het elk slaapplek vir 2 gaste, 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die 1 buite-gesinskamer bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede buite-eenheid bied ook slaapplek aan 4 gaste, verkieslik 'n gesin, aangesien gaste die stort deel. Die Ou Stal-kamer het slaapplek vir 2 gaste en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die Huis se kombuis is met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, 'n tweede yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, breekware en eetgerei toegerus. Die kombuis het ook 'n binnebraai. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kuierarea met 'n pooltafel en 'n veerpyltjiebord. Volledige DStv is beskikbaar. Daar is 'n trampolien buite. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi. Daar is ook ingeboude braaigeriewe in die oopplan-kombuis en 'n buitebraai.
Die skuurkombuis bied als wat jy nodig mag hê vir 'n groot of klein funksie. Dit is met 'n yskas, vrieskas, gasoond, elektriese stoof en oond, mikrogolf en eetgerei vir 30 gaste toegerus. Daar is ook etenstafels vir 24 gaste asook 'n ingeboude kaggel. 'n Broodkursus is ook beskikbaar op versoek.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Die 800 hektaar plaas spog met genoeg ruimte vir voetslaan, motorfietsry, bergfietsry en velddraf.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Niel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Fraaiuitsig Plaas, Vrede, 9835, Vrystaat
- Gaste dink Fraaiuitsig Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vrystaat
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fraaiuitsig Plaas, Vrede, 9835, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang