Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fralande Guesthouse

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moulton-laan 1375, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

'n Hartlike verwelkoming wag op jou by Fralande Guesthouse in Waverley wat uitkyk oor die pragtige tuin waar jy rus en vrede sal vind. Ons bied aan ons gaste net die beste en wanneer jy by ons bly sal jy so tuis voel soos by jou eie huis. Die klem is op ontspanning en goeie diens in 'n gerieflike atmosfeer.

Albei eenhede by hierdie instansie word deur trappe bereik en is smaakvol versier met 'n koninggrootte-bed in atlwee hoofslaapkamers en enkelbeddens in die ander kamers. Daar is 2 ouwêreldse sitkamerstoele in elke kamer waar jy gerieflik TV kan kyk, of net sit en lees. Hierdie eenhede is ook toegerus met lugversorging teen 'n addisionele koste om die Hoëveldse hitte uit te hou. Elke eenheid het 'n TV met sekere DStv-kanale. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met tweeplaatgasstowe en lugbraaiers, 'n mikrogolfoond en groot yskas-vrieskas. 'n Kombuisblad en stoele dra by tot die snoesigheid van die eenhede. Alle kombuisware word voorsien. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe. Basiese ontbyt kan voorsien word teen 'n ekstra koste.

Eenheid 1 het 'n klein, private veranda wat oor die tuin kyk. Eenheid 2 het 2 verskillende verandas waarop jy kan ontspan. Die eiendom is in 'n pragtige natuurlike tuin geleë met kalmerende sierfonteintjies. 'n Ontspanne atmosfeer word verseker met die panoramiese uitsig van die tuin.

Besoekers is welkom om van ons tuin gebruik te maak vir ontspanning, rustigheid en vrede voorsien. Gaste het hul eie, privaat ingang na die eenhede om privaatheid te verseker. Vir gemoedsrus word veiligheid verseker deur afstandbeheerde toegang. Ons bied ook veilige parkeerplek op die perseel in die skaduwee. Dit is 'n troeteldiervriendelike onderneming en troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël is.

Daar is heelwat geriewe naby, dit sluit die volgende in: oefengeriewe, 'n gholf-oefenbof, restaurante, winkels, apteke, ysskaatsbaan, rolprentteaters, wasgoedgeriewe, mediese fasiliteite asook 'n aantal inkopiesentrums binne 3 tot 5 km se ry van ons af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Helena P
Besigheidsreis
5.0
It was so fabulous. Excellent. It was so peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Tanya V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker, gemaklik en veilig. Baie lekker gebly! Diens is uitstekend en ontvang warm. Baie goed toegerus vir al ons benodighede. Baie veilig gevoel...
Sien meer
Jun 2024
Lindi C
Saam met vriende
5.0
Pragtige plek. Was heerlik. Baie dankie.
Okt 2023
Patricia K
Gesin met klein kinders
4.8
Waarde vir geld en baie ruim. Die gasvrou is baie tegemoetkomend en doen baie moeite met haar gaste.
Jun 2024
Julie V
Gesin met tieners
4.6
Veilig, als wat jy nodig het. Perfekte ligging. Yolandé is 'n puik gasvrou.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Yolandé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Moulton-laan 1375, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Gaste dink Fralande Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moulton-laan 1375, Waverley, Pretoria, 0186, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3642a2761cace2a49e1dc830bb6bc5cf431c5dcefbc3ab30eb649764d8045b3d561233d55e1d404380e044f4ea4ccf27edf4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 1375 Moulton Avenue Waverley 0186 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.699081720131 28.261363506317

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang