Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Friesland Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skuinskraal Plaas, Hoekwil, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Friesland Cottage bied lieflike en rustige selfsorgverblyf op 'n plaas in Hoekwil in Wildernis. Dié kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 'n solderarea.

Daar is 2 slaapkamers wat elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n stort het. Die derde slaapkamer is 'n skakelkamer tussen die gang en die hoofslaapkamer wat deure aan beide kante het. Hierdie slaapkamer het 'n stapelbed wat slegs vir 2 kinders geskik is. Die vierde slaapkamer is op die solder geleë en het 2 enkelbeddens. Die solder word met 'n trap vanaf die derde slaapkamer bereik. Die badkamers in die slaapkamers word deur al die gaste gedeel en daar is 'n aparte gastetoilet met 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die oopplansitarea lei deur 'n groot stapeldeur na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai.

Daar is 'n houtvuurwarmbad op die dek langs die stoep. Gaste kan in die warmbad ontspan terwyl die braaivleisvuur op die stoep knetter. Die uitsig op die Outeniekwaberge vanaf die stoep is besonders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 31

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Skuinskraal Plaas, Hoekwil, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
  • Gaste dink Friesland Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skuinskraal Plaas, Hoekwil, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA21aa9bd8ec193bb6ec7b82aa38121001c1d1a5f2772cdf42b26f54ccfce81caada2491446a0269a4e50d9b70f79451561d1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 Farm Skuinskraal Hoekwil 6538 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.937597 22.688333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang