Fullness B&B
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wrenstraat 32, Chancliff Vista-kompleks, Rant-en-Dal, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fullness B&B is 'n bekoorlike eenheid op die eienaar se perseel, in 'n sekuriteitskompleks in Krugersdorp. Dit is geskik vir 'n paartjie, individu of sakereisiger op soek na gerieflike verblyf na aan verskeie geriewe.
Die ruim eenheid het 'n oopplan leefarea en 'n slaaparea met 'n dubbelbed asook 'n en-suite badkamer wat met stort, toilet en 'n wasbak ingerig is. 'n Ekstra driekwartbed kan op versoek in die eenheid geplaas word vir derde persoon.
Daar is 'n goed toegeruste kombuisie met stoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n sitarea met 'n platskerm-TV, 'n volle DStv-pakket en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is ook in die eenheid beskikbaar.
Die eenheid het ook 'n groot tafel wat as 'n werksoppervlak vir sakereisigers dien of as etenstafel vir vakansiegangers.
'n Skoonmaakdiens is by die tarief ingesluit en 'n Kontinentale ontbyt is op versoek beskikbaar.
Die eenheid het 'n veilige parkeerarea met privaat ingang, privaat tuin en kuierarea met 'n braai. Dit is sentraal geleë en bied maklike toegang tot verskeie winkels, restaurante, sakegeriewe, vermaaklikheid en toegangsweë.
Ongelukkig word geen troeteldiere op die perseel toegelaat nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Crystal Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Wrenstraat 32, Chancliff Vista-kompleks, Rant-en-Dal, Krugersdorp, 1739, Gauteng
- Gaste dink Fullness B&B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Chancliff Wes-Rand Krugersdorp Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wrenstraat 32, Chancliff Vista-kompleks, Rant-en-Dal, Krugersdorp, 1739, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang