Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fynbos Estate The Farm House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fynbos Estate, Joubertskloof, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
  • Vanaf R13 000 per nag, vir 22 mense

Beskrywing

Fynbos Estate The Farm House is die tuiste van Dragonridge Wines en is in die pragtige Paardeberg geleë, hoog in Joubertskloof en net 'n uur van Kaapstad af. Dit bied gerieflike, ruim en plattelandse verblyf met 'n asemrowende uitsig oor die Swartland, wingerde en die bergnatuurreservaat.

Die huis bied slaapplek aan 22 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 4 badkamers. Drie slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed, waarvan 2 ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, die vyfde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 3 enkelbeddens, en die sesde slaapkamer het 4 enkelbeddens. Van die 2 aparte badkamers het 1 'n stort, wasbak en 'n toilet en die ander 1 'n wasbak, toilet en 'n stort-oor-bad.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, broodrooster, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel, TV met satellietkanale en 'n uitsig oor die lowergroen grasperk en omliggende bome.

Buite is daar 'n braai-area en 'n eetarea. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 22 mense 6 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

5

3 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Diana Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 27

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Fynbos Estate, Joubertskloof, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R13 000
per nag, vir 22 mense
Vanaf
Vanaf R13 000
per nag, vir 22 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fynbos Estate, Joubertskloof, Malmesbury, 7299, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7bacf8b938a59fdb047d7d72a01b1b467d62ef51e32ec0447c3a82c0c37443e16ec9451b226c27b2c0e1ad07c67540452506?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R13 000 per nag, vir 22 mense Fynbos Estate Joubertskloof 7299 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.558035770797 18.78480782209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang