Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fynbos Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lobelia-straat 2, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Vanaf R595 per nag, vir 1 mens
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Fynbos Guest House is in Riversdale geleë. Die gastehuis is bekend vir sy gasvryheid en uitstekende kos, veral vir die volledige Engelse ontbyt wat by die tariewe ingesluit is. Laat ons toe om jou verblyf in die uitsonderlike floraryk van die Tuinroete onvergeetlik te maak!

Die gastehuis bied 7 gerieflike en bekostigbare kamers wat elkeen uniek ingerig is met en suite-badkamers. Daar is 6 dubbelkamers met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 1 enkelkamer. Elkeen van die kamers het 'n privaat ingang en 'n parkeerplek reg voor die kamer. Daar is oorgenoeg parkeerplek vir gaste wat reis met sleepwaens en bote.

Ontspan langs die swembad in die somer of lekker knus voor die kaggel in die winter. Ons groot tuin met sy rustige atmosfeer en braaigeriewe wag op jou. Gaste kan gerus 'n lekker boek lees of ons gratis WiFi in die gemeenskaplike gastesitkamer gebruik.

Riversdale bied iets vir elkeen en besoekers word met ope arms verwelkom deur die vriendelike inwoners. Hierdie plattelandse dorpie is op die N2 tussen die Langeberge en die see geleë en binne maklike bereik van die omliggende dorpe. Riversdale is die ideale oornagplek of wegspringpunt vanwaar die omgewing verken kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Chris O
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende ligging en uiters gerieflike akkommodasie. Vriendelike diens en netjies.
Feb 2024
Karen M
Besigheidsreis
5.0
Gerieflik en netjies. Die eienaars van die gastehuis was baie vriendelik en behulpsaam. Die kamer was netjies ingerig en die atmosfeer was aangenaam.
Jan 2023
Anzél R
Saam met lewensmaat
4.6
Perfekte plek om oor te bly. Baie lekker gebly by Fynbos. Die personeel was baie vriendelik en altyd bereid om te help (en 'n geselsie aan te knoop). ...
Sien meer
Des 2023
Annette C
Saam met lewensmaat
4.2
Rustige, aangename verblyf, met heerlike ontbyt. Alhoewel ons net oornag het, was dit aangenaam. Die eienares asook haar eggenoot, het seker gemaak da...
Sien meer
Nov 2023
Garyth H
Saam met lewensmaat
4.8
Relaxing, well cared for, very enjoyable indeed! My fiance and I were looking for a place where we could just enjoy each other with no ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2022

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Merinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Lobelia-straat 2, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fynbos Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R595
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R595
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lobelia-straat 2, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA27eaf5becb041a5037999907bbbb34ee60a20e7573e81b5407cd93c7f05feed12ee930ebc6ee9db98b1c2aa58b19580e9461?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R595 per nag, vir 1 mens 44 5 1 5 2 Lobelia Street Riversdale 6670 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.08228 21.24586

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang